Vei­lig­heid in Lon­den vir na­week ver­skerp

Ge­wa­pen­de po­li­sie­be­amp­tes is vir die eer­ste keer in die B­rit­se ge­skie­de­nis in trei­ne ge­plaas.

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Die be­drei­gings­vlak in B­rit­tan­je sal op sy hoog­ste ge­hou word ter­wyl die po­li­sie jag maak op die net­werk van die self­moord­bom­aan­val­ler wat 22 men­se by ’n kon­sert in Man­ches­ter dood­ge­maak het, het Am­ber Rudd, B­rit­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, gis­ter ge­sê.

Vei­lig­heids­be­amp­tes van die B­rit­se Joint Ter­ro­rism A­na­ly­sis Cen­t­re (JTAC) het Dins­dag, ’n dag ná die aan­val, die vlak van be­drei­ging na “kri­tiek” op­ge­skuif. Dit dui aan dat nog ’n aan­val ver­wag word.

Agt mans is gis­ter steeds in Man­ches­ter aan­ge­hou ter­wyl die po­li­sie pro­beer vas­stel of die 22-ja­ri­ge aan­val­ler, Sal­man A­be­di, die steun van ’n ter­reur­net­werk ge­had het.

Weens die ver­hoog­de be­drei­gings­vlak staan die weer­mag die po­li­sie by met die be­sker­ming van ge­wil­de be­siens­waar­dig­he­de en ge­wa­pen­de po­li­sie­be­amp­tes is vir die eer­ste keer in die B­rit­se ge­skie­de­nis in trei­ne ge­plaas.

Maan­dag is ’n o­pen­ba­re va­kan­sie­dag en in die aan­loop tot die B­rit­se lang­na­week is die vei­lig­heids­maat­re­ëls bui­ten­ge­woon s­treng ge­maak. Daar­by vind die FA-be­ker-sok­ker­eind­stryd van­dag in die Wem­b­ley-sta­di­on in Lon­den plaas.

’n Me­mo­ran­dum is aan hos­pi­ta­le ge­stuur om te vra dat hul trau­ma-af­de­lings voor­be­reid moet wees vir die va­kan­sie­dag. Ben Wal­la­ce, B­rit­se mi­nis­ter van vei­lig­heid, sê dit maak deel uit van die stren­ger vei­lig­heids­voor­be­rei­dings en word nie ge­doen om­dat ’n spe­si­fie­ke pro­bleem ver­wag word nie. ) ’n B­rit­se stu­dent wat ver­le­de jaar ’n tuis­ge­maak­te bom in ’n on­der­grond­se trein in Lon­den ge­los het, is gis­ter vir 15 jaar tronk toe ge­stuur.

Da­mon S­mith (20) het die bom se tyd- me­ga­nis­me ge­stel en die trein ver­laat. Dit het nie ont­plof nie en an­der pas­sa­siers het die voor­werp la­ter die aand aan die po­li­sie uit­ge­wys.

Die po­li­sie het die bom ont­lont by die North G­reen­wich-sta­sie, wat net een hal­te van die sa­ke­dis­trik Ca­na­ry W­harf af is.

In S­mith se bly­plek het die po­li­sie af­ge­kom op ’n on­ge­laai­de pis­tool, ’n mes en ’n boks­ys­ter. S­mith het ook ver­skeie vi­deo’s op so­si­a­le me­dia ge­li­ke wat ver­band hou met ont­plof­fings.

’n Fo­ren­sie­se we­ten­skap­li­ke het ver­snip­per­de blad­sye aan­me­kaar­ge­sit en vas­ge­stel dat dit oor die ver­vaar­di­ging van bom­me gaan en uit ’n tyd­skrif van Al-Ka­ï­da kom.

’n Lys van be­no­digd­he­de om ’n bom te maak is ook op sy iPad ge­vind.

On­der­de­le vir ’n bom is in sy bly­plek ge­vind.

S­mith het aan­ge­voer dat die be­no­digd­he­de vir ’n rook­bom was en die bom in die trein as ’n grap be­doel was. Sy weer­ga­we is ver­werp. By von­nis­op­leg­ging het die B­rit­se hof ge­sê die af­ge­lo­pe week is die vrees­li­ke im­pak ge­sien wat ’n bom kan hê.

“En hoe­wel daar geen ver­bin­te­nis tus­sen die ge­beu­re in Man­ches­ter en G­reen­wich is nie, wys dit on­mis­ken­baar hoe ver­woes­tend ’n bom kan wees.”

Fo­to: REU­TERS

’n Ge­wa­pen­de po­li­sie­lid en ’n sol­daat gis­ter aan diens in W­hi­te­hall, Lon­den.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.