Chris­te­ne van E­gip­te in vi­sier

Min­stens 26 dood in kon­vooi­aan­val

Beeld - - Nuus -

Tal­le kin­ders was on­der die slag­of­fers van die aan­val gis­ter op Kop­tie­se Chris­te­ne in E­gip­te. Teen druk­tyd het die do­de­tal op 26 ge­staan.

Min­stens 25 is be­seer, sê ’n amp­te­naar van die E­gip­tie­se de­par­te­ment van ge­sond­heid.

Moont­lik tot tien men­se het met ou­to­ma­tie­se wa­pens op twee bus­se en ’n vrag­mo­tor los­ge­brand wat met die Chris­te­ne op pad was na ’n kloos­ter in Minya, 135 km suid van Ka­ïro, vol­gens oog­ge­tui­es en die de­par­te­ment.

Die ge­mas­ker­de aan­val­lers het vol­gens oog­ge­tui­es in drie sport­nuts­voer­tuie op­ge­daag en die kon­vooi op die pad na die St. Sa­mu­el die Be­ly­er-kloos­ter tot stil­stand ge­dwing.

Bis­kop Ma­ka­ri­os van Minya sê hul­le het in die bus ge­klim en links en regs ge­skiet, be­rig The Gu­ar­di­an.

Die pro­vin­sie Minya het ’n taam­li­ke groot min­der­heids­be­vol­king van Chris­te­ne.

Die E­gip­tie­se vei­lig­heids­mag­te het ’n wye soek­tog na die aan­val­lers be­gin.

Tien­tal­le pad­ver­sper­rings is op­ge­rig en die woes­tyn­pad word ge­pa­trol­leer.

Ahmed al-Tay­eb, hoof­i­mam van alA­z­har, E­gip­te se 1 000 jaar oue Isla­mi­tie­se sen­trum van on­der­rig, sê die aan­val is dui­de­lik be­doel om die land te de­sta­bi­li­seer.

“Ek doen ’n be­roep op E­gip­te­na­re om saam te staan ná die gru­we­li­ke daad van ter­reur,” sê hy.

Pres. Ab­del Fat­tah al-Si­si van E­gip­te het gis­ter ’n drin­gen­de ver­ga­de­ring met vei­lig­heids­amp­te­na­re be­lê, sê die staat se nuus­a­gent­skap.

Die laas­te paar maan­de is ver­skeie do­de­li­ke aan­val­le op E­gip­te se Kop­tie­se Chris­te­ne uit­ge­voer.

Die ge­loofs­groep maak so­wat 10% van E­gip­te se be­vol­king van 92 mil­joen uit.

So­wat 70 Kop­tie­se Chris­te­ne is se­dert De­sem­ber dood in bom­aan­val­le op ker­ke in Ka­ïro, A­lex­an­dria en Tan­ta. Die ter­reur­groep I­sis maak aan­spraak daar­op dat dit sy werk is.

Teen druk­tyd was dit nog on­be­kend wie vir die aan­val ver­ant­woor­de­lik is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.