‘Hy weet van my re­pu­ta­sie’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Wie is die wa­re Dr. S­mi­le? Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria moet be­paal wat­ter tand­arts hom­self só mag noem: een in Hy­de Park of een in Sand­ton.

Die hof het die re­gis­tra­teur van han­dels­na­me as par­ty by dié saak tus­sen dr. Zeyn K­han en dr. Ra­w­ha­ni A­lex­an­der Fai­zi in­ge­sluit.

K­han sê in hof­stuk­ke hy het sy prak­tyk in die Hy­de S­qua­re­win­kel­kom­pleks in Jo­han­nes­burg in 2006 ge­o­pen.

Fai­zi se spreek­ka­mer is in die At­holl S­qua­re-win­kel­kom­pleks in Sand­ton.

K­han vra ’n be­vel wat Fai­zi se ge­re­gis­treer­de han­dels­naam, Dr. S­mi­le, in die han­dels­naam­klas­se 3, 5 en 44 ver­wy­der.

K­han sê hý ge­bruik Dr. S­mi­le as ’n ge­me­ne­reg-han­dels­naam en hy wil Fai­zi laat ver­bied om dit te ge­bruik.

Vol­gens K­han se hof­stuk­ke wil hy met die in­ter­dik keer dat Fai­zi sy reg­te skend.

K­han sê hy het sy reg op die naam Dr. S­mi­le be­kom weens die re­pu­ta­sie wat hy in die tand­heel­kun­de op­ge­bou het.

Hy het ’n be­mar­kings­a­gent aan­ge­stel toe hy sy prak­tyk ge­o­pen het. “Ek het be­sluit om my prak­tyk Dr. S­mi­le te noem en ’n te­le­foon­nom­mer daar­aan ver­bind wat om­ge­skep word in die let­ters wat Dr. S­mi­le uit­spel.”

Hy het Dr. S­mi­le ook in die plaas­li­ke ge­meen­skaps­koe­rant ge­ad­ver­teer.

K­han het brie­we van twee koe­ran­te by die hof in­ge­dien wat toon dat hy sy prak­tyk se­dert 2006-’07 as Dr. S­mi­le ad­ver­teer. Hy het ook se­we voor­beel­de van sul­ke ad­ver­ten­sies in­ge­dien.

“Ek het on­der die naam Dr. S­mi­le ar­ti­kels vir me­die­se tyd­skrif­te ge­skryf.”

In 2010 het hy op die in­ter­net “op ’n na­si­o­na­le vlak” on­der die naam be­gin ad­ver­teer. Dit het vol­gens hom die jaar daar­na sterk na­si­o­na­le en in­ter­na­si­o­na­le re­sul­ta­te op­ge­le­wer. Vol­gens K­han het hy ’n land­wye re­pu­ta­sie on­der dié naam ge­ves­tig.

Hy sê Fai­zi se “on­re­ël­ma­ti­ge, on­wet­ti­ge en on­ge­li­sen­si­eer­de ge­bruik en re­gis­tra­sie van my han­dels­naam het groot ver­war­ring in die mark­plek tus­sen sy en my diens­te ver­oor­saak”.

Vol­gens K­han het hy op 4 Maart 2015 ’n op­roep van Fai­zi ont­vang. Fai­zi het toe ge­sê hy is die ge­re­gis­treer­de ei­e­naar van Dr. S­mi­le “en dat ek die woor­de Dr. S­mi­le van my ad­ver­ten­sies en ken­nis­ge­wing­bord moet ver­wy­der”.

K­han sê die feit dat Fai­zi hom kort ná die han­dels­naam­re­gis­tra­sie ge­bel het, “be­wys dat hy goed ge­weet het van my re­pu­ta­sie as Dr. S­mi­le”.

Hy sê Fai­zi het eers in 2012 aan­soek ge­doen om die han­dels­naam te re­gis­treer, “’n aan­tal jare na­dat ek reeds die han­dels­naam ge­ves­tig het”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.