Nee, die By­bel is nie ’n slaap­tyd­boek nie

Beeld - - Kommentaar -

Jy moet nooit met jou sel­foon peu­ter voor­dat jy gaan slaap nie. Of met jou re­ke­naar nie, sê die ken­ners.

So­si­a­le me­dia gaan jou wak­ker hou as jy dit kort voor slaap­tyd ge­bruik.

Daar­om won­der ek: Hoe kry men­se dit reg om die By­bel rus­tig voor slaap­tyd te lees? ’n Studie wat E­kerk in 2013 land­wyd on­der A­fri­kaans­spre­ken­des ge­doen het, wys die mees­te men­se ver­kies om die By­bel kort voor slaap­tyd te lees.

Dan won­der ek: Hoe kry men­se dit by­voor­beeld reg om te slaap na­dat hul­le ’n uit­da­gen­de teks soos Mar­kus 8:34-38 ge­lees het met Je­sus se op­drag om hul kruis op te neem en Hom on­voor­waar­de­lik te volg?

Die By­bel is ’n ge­vaar­li­ke boek. Dis le­wens­ver­an­de­rend. Daar be­hoort eint­lik ’n plak­ker voor in el­ke By­bel te wees met die woor­de: “Jy lees hier­die boek op eie ri­si­ko. Dit gaan jou le­we vir e­wig ver­an­der.”

In die han­de van God se Gees is die Woord ’n skerp swaard. Dis God se hel­der lig wat jou le­we ver­lig en al die don­ker­te ver­dryf. Lees dit ver­sig­tig. Lees dit reg.

O ja, daar is da­rem baie teks­te in die By­bel wat jy voor slaap­tyd kan lees, soos Psalm 3 of 4. Maar wees ge­waar­sku, as jy die By­bel voor slaap­tyd lees om jou ge­we­te te sus, maak jy ’n fout. Want dis nie ’n sus­mid­del nie. God se Woord is al­tyd le­wend en krag­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.