Ge­trans­for­meer soos wat dit vir my saak maak

Beeld - - Kommentaar -

Pan­kop­pe, grys­kop­pe, krul­kop­pe, kroes­kop­pe, kaal­kop­pe. Lang ha­re, kort ha­re, tak­ha­re. Ras­ta­lok­ke, blon­di­ne­vleg­sels, bru­net­kap­sels, gem­mer­kat­kui­we. Melk­baar­de, hip­ster­baar­de en har­de­baar­de.

Dis die aan­sig wat ek die af­ge­lo­pe week van ag­ter uit ’n saal in Buf­fels­poort had. Ek woon vir die eer­ste keer in my le­we die A­fri­kaan­se Taal- en Kul­tuur­ver­e­ni­ging (ATKV) se al­ge­me­ne jaar­ver­ga­de­ring as waar­ne­mer by. Ek moet ver ag­ter sit son­der stem en stem­reg, maar ek mag kýk.

Wat ek sien, is pan­kop­pe en kie: ’n ge­trans­for­meer­de (of dan ten min­ste trans­for­me­ren­de) or­ga­ni­sa­sie. Goed, goed, die by­na 300 stem­ge­reg­tig­des (waar­van 71 on­der 18 jaar oud is), is nou nie héél­te­mal ver­teen­woor­di­gend van die A­fri­kaan­se de­mo­gra­fie nie – in elk ge­val nie op die ma­nier waar­op ons re­ge­ring de­mo­gra­fie­se ver­teen­woor­di­ging wil meet en in wer­king stel nie.

Maar dis ge­trans­for­meerd op ma­nie­re wat vir my saak maak. Op die oog af is daar nie skei­ding tus­sen bruin, swart en wit nie – al­mal drink deur­me­kruis kof­fie en lag saam. G’n niks se een­kant groe­pies nie. En as daar on­der­stro­min­ge en kwaai­gei­te is, is dit om­dat men­se oor an­der goed as vel­kleur kwaai en dwars is. As ie­mand ’n prys moet kry, of sy/haar sê moet sê of ’n werk moet doen, ge­skied dit son­der aan­sien des vel­kleurs. Kan jy dit doen? Wil jy dit doen? Doen dit dan!

Ek hoop meer (A­fri­kaan­se) or­ga­ni­sa­sies kan in die toe­koms so lyk en so werk.

Die af­ge­lo­pe agt jaar het die for­mi­da­be­le Ja­pie Gouws aan s­tuur van sa­ke by die ATKV ge­staan. Hy’s ’n sy­fer­tjies­man, ’n sa­ke­per­soon wat ver­on­der­stel is om meer te weet van de­bi­teu­re en kre­di­teu­re as die spel­ling van dié twee woor­de.

Maar daar­in lê juis sy krag: Hy is sa­ke­man én taal­man: ’n sa­ke­taal­man eer­der as ’n taal­sa­ke­man; ’n lei­er wat die A­fri­kaan­se land­skap ver­staan en be­stuur soos wat dit van ’n sen­si­tie­we stra­teeg ver­wag kan word.

Per­soon­lik het ek di­rek­te er­va­ring van sy sa­ke­neus ge­had. Met die tot­stand­ko­ming van die Vir­tu­e­le In­sti­tuut vir A­fri­kaans (Vi­vA) het hy ’n deur­slag­ge­wen­de rol ge­speel – nie net om al­le rol­spe­lers om ta­fels te kry nie, maar ook om kri­tie­se en kri­tie­ke vrae te stel: Waar is die ri­si­ko­plan? Hoe gaan Vi­vA vol­hou­baar wees? Wie be­sit die in­tel­lek­tu­e­le­goe­de­re­reg­te? Wie gaan die ou­di­teu­re wees? Het jy die King III-ver­slag ge­lees?

Ek het maar in my bak­ke­baard ge­grom en ’n weer­bars­ti­ge krul van voor­kop af weg­ge­vee. Maar in die pro­ses het ek baie by dié sa­ke­taal­man ge­leer. Dat taal- en kul­tuur­sa­ke nie net met pas­sie en en­toe­si­as­me be­stuur moet word nie, maar ook met ’n deeg­li­ke sa­ke­be­gron­ding.

Wan­neer af­skeid ge­neem word van ’n af- en/of uit­tre­den­de per­soon, klink dit dik­wels soos ’n be­graf­nis­brief. Ons praat in die ver­le­de tyd en ont­hou die goeie. Ons kies om nie die kwaad­oom­blik­ke te ont­hou nie. En dis goed so.

Mag Ja­pie ook ont­hou word as ’n lei­er wat by­ge­dra het om ’n Trots Suid-A­fri­kaan­se or­ga­ni­sa­sie soos die ATKV die nuwe mil­len­ni­um in te neem. Ek kan maar net hoop dat ek een­dag som­mi­ge van die iet­se wat ek by hom ge­leer het ook suk­ses­vol kan toe­pas.

Op Ja­pie se le­wen­de­be­graf­nis­brief pryk sy nou reeds i­ko­nie­se riel­dans­fo­to waar hy in­ge­no­me en in­ge­toë glim­lag­gend mid­del­lugs sweef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.