Mit­chell moet nuwe spel­pa­troon ves­tig

Beeld - - Kommentaar - Ja­mes Young, Con­stan­ti­a­park

Dit is met ge­meng­de ge­voe­lens dat ek die op­skrif “Nuwe trop­lei­er” (26.05) lees wat ver­wys na die aan­stel­ling van John Mit­chell as die nuwe af­rig­ter van die Bul­le.

Aan die een kant voel ’n mens jam­mer vir Nol­lis Marais, wat die trek­pas ge­kry het.

Wan­neer ek eg­ter kyk na die pres­ta­sie van die S­pring­bok­ke ver­le­de jaar en ver­al die C­hee­tahs van­jaar, won­der ek on­wil­le­keu­rig waar­om daar­die on­der­skeie af­rig­ters steeds in hul pos­te is.

Wat men­se moet weet, is dat ’n u­ni­ver­se­le af­rig­tings­pa­troon in hier­die ge­wes­te ge­volg word.

Wei­nig rug­by­af­rig­ters het die ver­moë of word die ge­leent­heid ge­gun om hier­die ket­ting te breek.

Kyk maar ge­rus wat met die voor­ma­li­ge af­rig­ter van die C­hee­tahs ge­beur het toe hy ’n an­der spel­pa­troon hier wou kom ves­tig.

Nie­te­min sal dit in­te­res­sant wees om te sien of Mit­chell hier­die ge­ves­tig­de spel­pa­troon in ’n an­der koers kan en gaan dwing.

Se­ker­lik is dit so dat hy en Car­los S­pen­cer nooit werk­lik die er­ken­ning ge­kry het vir die grond­slag wat hul­le by die Leeus ge­lê het nie.

Dit het ge­lei tot ’n op­win­den­de spel­pa­troon waar­mee Jo­han Ac­ker­mann so­veel suk­ses be­haal het. Aan hier­die kant van die Juk­skei is die kli­maat so ’n bie­tjie an­ders.

Die vraag is ook hoe­veel tyd Mit­chell ge­gun gaan word om sy stem­pel af te dwing om die lang ver­wag­te ver­an­de­ring by die Bul­le mee te bring.

Die feit bly staan dat nuwe den­kers ’n nood­saak­lik­heid is om weer le­we in Suid-A­fri­kaan­se rug­by te blaas.

Ons sien met ver­sug­ting uit na dít wat nou in die Bul-kamp gaan ge­beur.

S­terk­te, John. Ek weet jy sal dit no­dig hê.

Fo­to: DEAAN VIVIERS

John Mit­chell, nuwe Bul­le­af­rig­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.