Die fa­kul­teit te­o­lo­gie van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) is van­jaar 100 jaar oud. Vir die de­kaan, prof. Jo­han Bui­ten­dag, is die bran­den­de vraag: ‘Waar kom ons van­daan, maar be­lang­ri­ker, waar­heen gaan ons?’ Wat is be­lang­rik om te ont­hou en wat om te v

Ina van der Lin­de

Beeld - - By - Te­o­lo­gie­se steun aan a­part­heid Ver­haal van Al­bert Gey­ser Die spil Jo­han Heyns

On­der die vaan­del van “Deur­gang na die toe­koms van­uit ’n ge­de­kon­stru­eer­de ver­le­de”, het die fa­kul­teit on­langs ’n kon­fe­ren­sie ge­hou met die hoof­doel om vir eens en al­tyd ’n greep te kry op die swaar las van ’n a­part­heids­ver­le­de waar­toe baie pro­fes­so­re van die fa­kul­teit van voor 1947 en tot in die 1980’s by­ge­dra het deur a­part­heid uit die By­bel te pro­beer reg­ver­dig.

Bui­ten­dag ver­wys na Mi­ros­lav Volf se boek The End of Me­mo­ry: Re­mem­be­ring Rig­ht­ly in a Vi­o­lent Wor­ld.

Om die ver­le­de te ont­hou be­te­ken om daar­teen te stry. Maar Volf sê die ver­le­de word te dik­wels ver­keerd ont­hou en daar­deur word die kwaad van die ver­le­de laat voort­be­staan. Daar­om is dit be­lang­rik om reg te ont­hou. En daar kom ook ’n tyd, in se­ke­re om­stan­dig­he­de, waar die ver­le­de laat gaan moet word.

Die kon­fe­ren­sie het dus oor die “de­li­ka­te ba­lans tus­sen ont­hou en ver­geet” ge­gaan, soos Bui­ten­dag dit stel.

S­pre­kers uit el­ke te­o­lo­gie­se dis­si­pli­ne het die ge­skie­de­nis van die te­o­lo­gie­se den­ke van de­ka­des ge­le­de ont­leed en sie­nings aan­ge­bied oor hoe die toe­koms daar moet uit­sien. Die ver­on­der­stel­ling is om die ge­skie­de­nis nuut te in­ter­pre­teer, selfs te be­ly, en dan die pro­ses van he­ling te er­vaar.

Se­dert 2002 lei die fa­kul­teit nie meer net die twee A­fri­kaan­se ge­re­for­meer­de ker­ke – die Ne­der­duitsch Her­vorm­de Kerk (NHK) en die Ne­der­duit­se Ge­re­for­meer­de Kerk (NGK) – se voor­ne­men­de pre­di­kan­te te­o­lo­gies op nie, maar het oor­een­koms­te ge­sluit met an­der ker­ke, on­der meer die Ver­e­ni­gen­de Ge­re­for­meer­de Kerk, die P­res­bi­te­ri­a­ne, Lut­he­ra­ne, Ang­li­ka­ne en Bap­tis­te. Hoe lyk ’n brok­kie uit ’n lang ge­skie­de­nis van meer as 40 jaar waar­in die A­fri­kaan­se ker­ke a­part­heid te­o­lo­gies en po­li­ties on­der­steun het?

Die S­tel­len­bos­se te­o­loog Ro­bert Vos­loo ver­tel dat die Pot­chef­stroom­se dig­ter en By­bel­ver­ta­ler J.D. du Toit (To­ti­us) die eer­ste was om a­part­heid van­uit die By­bel te pro­beer reg­ver­dig. Du Toit ge­bruik Ge­ne­sis as ’n “we­ten­skap­li­ke” do­ku­ment om die per­ma­nen­te skei­ding van vol­ke te pro­pa­geer.

Dit word by ’n twee­de Volks­kon­gres in 1947 met gees­drif ver­der ge­voer deur dr. Ge­off Cron­jé, ’n pro­fes­sor in so­si­o­lo­gie aan die UP. Sy re­fe­raat word la­ter op­ge­neem in die boek Reg­ver­di­ge ras­se-a­part­heid, met prof. E.P. Groe­ne­wald, pro­fes­sor in Nuwe-Te­sta­men­tie­se studie aan die UP, as me­de­re­dak­teur. Iro­nies ge­noeg was Groe­ne­wald ook ’n By­bel­ver­ta­ler.

Groe­ne­wald ver­tolk Ge­ne­sis let­ter­lik as­of God ’n ver­skei­den­heid van vol­ke­re vir tyd en e­wig­heid vas­ge­stel het en deur ’n be­wus­te daad taal­ver­war­ring on­der die bou­ers van die To­ring van Ba­bel ver­oor­saak het.

Dus, God het nie net na­sies ge­skei nie, maar ook die ge­o­gra­fie­se ge­bied vir el­ke na­sie af­ge­ba­ken. Die skei­ding is van toe­pas­sing op al­le le­wens­ter­rei­ne: na­si­o­naal, so­si­aal, ju­ri­dies, in ar­beid en gods­diens­be­oe­fe­ning. Ras­se-a­part­heid en voog­dy­skap oor an­der na­sies is die “Woord van God”.

Maar daar was al­tyd ’n “wolk van ge­tui­e­nis”, soos die kon­fe­ren­sie­pro­gram dit stel. En ge­tui­e­nis teen a­part­heid het al­tyd ge­kom met ’n aan­bod van uit­slui­ting, ver­dag­ma­king en ver­vol­ging. Só loop die ver­haal van Al­bert Gey­ser, pro­fes­sor in Nuwe-Te­sta­men­tie­se studie aan die UP en ’n lid­maat van die Her­vorm­de Kerk: ’n Boe­re­kerk wat deel­neem aan par­ty­po­li­tiek, en e­ko­no­mies en maat­skap­lik in­vloed­ryk is, mag wel ’n volks­kerk wees, maar is nie lan­ger die kerk van Chris­tus nie.

So ’n kerk kom­pro­mit­teer die pre­di­king van die e­van­ge­lie van vre­de en lief­de.

Gey­ser spreek hom uit teen ’n ras­se-uit­slui­tings­klou­su­le in die kerk­or­de en word skul­dig be­vind aan ket­te­ry en uit die fa­kul­teit ge­dwing. Gey­ser ap­pel­leer in die hoog­ge­regs­hof en, hoe­wel hy die saak wen, be­dank hy uit die Her­vorm­de Kerk en aan­vaar ’n pos by die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand in gods­diens­kun­de. La­ter stig hy saam met dr. Bey­ers Nau­dé die Chris­te­li­ke In­sti­tuut.

Die ge­vol­ge vir Gey­ser was ui­ters pyn­lik, ver­tel die skry­wers Cas La­bu­schag­ne en An­dries van Aar­de. Hy is preek­beur­te in sy kerk ont­sê; sy te­le­foon is af­ge­luis­ter en sy pos oop­ge­maak; daar is ge­peu­ter met die rem­me van sy mo­tor en hy het ter­nou­er­nood aan die dood ont­kom.

Gey­ser se broer (ook ’n pre­di­kant) het hom “’n dui­wel in die ge­stal­te van ’n en­gel van die lig” ge­noem. Sy vrou is deur al die el­len­de ver­skeie ke­re in ’n in­rig­ting op­ge­neem. Daar was selfs ’n bom­aan­slag op die kan­to­re van die Chris­te­li­ke In­sti­tuut, wat op die ou end ook ver­bied is as ’n kom­mu­nis­ties-be­smet­te or­ga­ni­sa­sie.

Eers in 2010 ver­werp die NHK die be­gron­ding van a­part­heid as “stry­dig met die e­van­ge­lie”. Prof. Jo­han Heyns, met sy di­na­mie­se per­soon­lik­heid, sjar­me en o­ra­to­rie­se ver­mo­ëns, het se­dert 1982 o­pen­lik dit ver­werp dat a­part­heid die wil van God is.

Sy steun aan mul­ti­kul­tu­re­le

Die in­gang van die fa­kul­teit te­o­lo­gie van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria, met die sim­bo­lie­se Ge­o­pen­de Hek­ke.

Fo­to: MARIKI UITENWEERDE

Prof. J­ü­r­gen Molt­mann gee ’n le­sing by die fa­kul­teit te­o­lo­gie van die UP as deel van die eeu­fees­vie­rin­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.