Ek sou graag ’n kop wou skryf, maar . . .

Beeld - - By - Vroue se rol Die kri­sis van A­fri­ka Te vroeg vir ver­geet Ina van der Lin­de is ’n vry­skut­joer­na­lis en skry­wer.

Dr. Ta­nya van Wyk, een van die drie vrou­e­do­sen­te, roer toe bie­tjie die wa­ter met ’n vraag: Hoe ver­dien die fa­kul­teit ’n le­gi­tie­me en ou­ten­tie­ke stem? Waar is die vrou­e­stem­me in die ge­sprek?

Moe­nie na die hon­de kyk wat blaf nie, sê sy, maar kyk na die een wat nie blaf nie.

Daar is twee ma­nie­re om le­gi­ti­mi­teit te wen: werk­li­ke oop ge­sprek en ge­lyk­waar­di­ge ver­hou­din­ge. Dit is nie wat sy in die kerk er­vaar nie. Sy haal die Duit­se te­o­loog J­ü­r­gen Molt­mann aan wat praat oor die vry­heid in ge­lyk­heid.

Dit im­pli­seer dat we­der­syd­se ge­spreks­ge­no­te die vry­heid het om in te stem of in­stem­ming te weer­hou en nie ver­kwa­lik te word vir hul o­pi­nie nie.

“Daar be­staan ’n ‘her­me­neu­tie­se sus­pi­sie’ oor die in­ter­pre­ta­sie van die ge­o­pen­de hek­ke van die fa­kul­teit,” sê Van Wyk.

Daar­mee wil sy nie af­breuk doen aan die op­reg­te en reu­se­skui­we wat die fa­kul­teit ge­maak het nie, maar daar is nog nie ’n oop ge­sprek oor al­le as­pek­te van in­klu­si­wi­teit nie, on­der meer oor vroue en hul­le rol en deel­na­me. In dié op­sig het ge­sprek­ke “on­der­gronds ge­gaan”. ’n Jong swart stu­dent in ’n saal vol hoof­saak­lik ou­er wit te­o­loë volg dit la­ter op met: “The an­cients are o­pe­ning the ga­tes for the young.”

Ver­gif­nis en die ge­skie­de­nis moet ge­sprek­ke oor die de­ko­lo­ni­se­ring van ken­nis in­sluit. Wat is dit, vir wie en hoe moet dit lyk?

’n Ou­er swart man val in: “Die te­o­lo­gie is in ’n kri­sis. Ons moet ’n in­ten­sie­we dis­koers voer oor hoe ’n te­o­lo­gie vir A­fri­ka lyk. Ons is al­mal We­ster­se te­o­loë en ons spreek nie die kri­sis van A­fri­ka aan nie. Wat is die A­fri­kak­wes­sies wat ge­re­kon­stru­eer moet word?

“Wat is die rou ma­te­ri­aal wat ons wil ge­bruik in ons e­pis­te­mo­lo­gie­se (die te­o­rie van ken­nis) ge­reed­skap? Hoe in­te­greer A­fri- ka­te­o­lo­gie met We­ster­se te­o­lo­gie?”

Die te­o­loog An­dries van Aar­de wil te­o­lo­gie “kon­kreet re­le­vant” maak. Hy wil weet: Is ons ge­reed om in die voet­stap­pe van aarts­bis­kop Tu­tu en Al­lan Boe­sak te volg? Is ons be­reid om nie stil te bly as sa­ke ver­keerd ver­loop nie? Hoe be­trek ons woe­den­de stu­den­te op só ’n ma­nier dat hul pro­fe­te word vir hul ge­meen­skap?

In sy boek In Prai­se of For­get­ting: His­to­ri­cal Me­mo­ry and Its Iro­nies ver­ken Da­vid Rieff die ge­bruik en mis­bruik van ’n sa­me­le­wing se kol­lek­tie­we ge­heue oor trau­ma­tie­se ge­beu­re in die ver­le­de. Kan die ver­le­de werk­lik die he­de be­skerm teen die fou­te van die ver­le­de? Van Aar­de se ge­volg­trek­king: “His­to­rie­se ont­hou” dra dik­wels eer­der by tot span­ning wat voort­spruit uit fou­te van die ver­le­de en ge­weld­da­di­ge weer­wraak. Kyk maar na die ge­skie­de­nis van die Kro­a­te en Ser­wi­ërs, R­wan­da en Bu­run­di, Si­rië, Suid-A­fri­ka . . . In ’n on­der­houd in 2016 in die Mail & Gu­ar­di­an sê Rieff eg­ter wat nou in Suid-A­fri­ka ge­beur is iets an­ders as bloot “ont­hou”: “Dit tref my hoe bit­ter­lik te­leur­ge­steld en kwaad men­se is. Die woe­de hier is wit­warm. Dit is nie die soort ont­hou waar­van ek praat nie. Wat ek sien is ’n deur­lo­pen­de po­li­tie­ke stryd. Moont­lik is die ge­beu­re ty­dens a­part­heid nog te vars in die ge­heue van men­se wat in SuidA­fri­ka woon.”

Vol­gens Rieff is die om­stan­dig­he­de nog nie reg om die ver­le­de te laat gaan nie. ) Ek is moer­lui.

Ek ly aan lui­heid. Ek lei in lui­heid. Ek ly om­dat ek lei in lui­heid.

Ek het dit be­sef toe ek on­langs al my pot­te weg­ge­gooi het om­dat ek nie lus was om dit te was nie.

Ek het die dag pas­ta en maal­vleis ge­maak. Ook maar ’n mid­del­ma­ti­ge po­ging daar­mee aan­ge­wend. Dit het ’n aan­vaar­ba­re smaak ge­had. Dit het net-net die slaag­sy­fer ge­haal – dees­dae verg dit mos nie veel nie.

Die pot­te het daar ge­staan. Twee van hul­le. Ter­wyl ek voor die TV ge­sit het, het ek heel­tyd vir my­self ge­sê ek moet hul­le was. Toe ek weer sien was dit die vol­gen­de dag. Die pot­te het steeds on­ge­was ge­staan.

Die pot­te het daar bly staan tot­dat dit groen­sta­tus be­reik en daar­na het ek dit rom­mel­sta­tus laat be­reik. Om daai pot­te te was, is nie in my kort- of lang­ter­myn­plan nie. So het twee van my an­der pot­te en ’n pan die­self­de paad­jie ge­stap.

Ek weet nou dat ek chro­nie­se lui­heid het.

Die simp­to­me was al die jare daar. Op skool en op u­ni­ver­si­teit. Ek het met ge­na­de ge­slaag. Wie leer ’n week voor ’n toets?

’n Mal mens, was my ant­woord. Vir toet­se word ’n dag voor die tyd ge­leer. Die­self­de geld vir ’n taak.

A­ku­te lui­heid be­staan uit min be­lang­stel­ling-sel­le, meer be­kend as nie-lus-sel­le. Lus is ’n ge­vaar­li­ke ding wan­neer daar ’n oor­maat daar­van is, vra maar ’n tie­ner­pa. Lus is ook on­ge­luk­kig ’n pro­bleem wan­neer die reg­te hoe­veel­heid daar­van nie ge­pro­du­seer word.

Chro­nie­se lui­heid be­staan wan­neer die nie-lus-sel­le ver­me­nig­vul­dig en dan uit­stel­sel­le vorm. Nou uit­stel-stel­le vorm pas­sie­we ge­drag. Van uit­stel kom dan af­stel en so kry ie­mand chro­nie­se lui­heid.

Ek het me­di­sy­ne pro­beer neem vir die siek­te, maar dit werk nie. Ek het op­kik- ker­dran­kies soos Red Bull ge­drink, maar wan­neer ek my kry, dans ek voor die spie­ël en pak nie my ta­kie aan nie.

Ek het ’n groot do­sis mo­ti­ve­ring pro­beer af­sluk. Ek het ge­dink aan al die po­si­tie­we as­pek­te daar­van om die taak te vol­tooi, maar ek het my tyd be­stee om te dink hoe die taak uit­ge­voer moet word eer­der as om dit te doen.

Drank was ook nie die ant­woord nie, want dit het net meer fo­kus ge­plaas op hoe on­aan­ge­naam die taak is en dat daar an­der pret ma­nie­re was om my tyd deur te bring, soos om meer te gaan kui­er.

Ek raak be­kom­merd oor my lui­heids­pro­bleem. Is ek nie ver­on­der­stel om ge­oe­fen te wees in wils­krag nie? Hoe ou­er ’n mens raak, hoe min­der het ’n mens keu­ses en hoe meer ver­ant­woor­de­lik­he­de suig aan jou soos ’n ver­slaaf­de.

Ek moet bor­de en pot­te by­me­kaar maak en dit nie weg­gooi nie.

Ek is eer­der ’n per­soon wat ’n half­uur voor ’n par­ty­tjie be­gin eers uit­vind waar die par­ty­tjie ge­hou word, al is ek ’n maand te­rug ge­nooi.

Ek is ’n mens wat nie wag tot nom­mer 99 nie, ek wag tot nom­mer 99,9.

Ge­noeg. Ek gaan nou op hou hier­mee. Of nou-nou. Ag, ek gaan te­le­vi­sie kyk.

Jo­han Heyns

Fo­to: MARIKI UITENWEERDE

Prof. Jo­han Bui­ten­dag, de­kaan van die UP se fa­kul­teit te­o­lo­gie.

Al­bert Gey­ser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.