C­lif­ton eens ’n li­te­rê­re nes

Beeld - - Bruide - VRAAG: – A.J. Ja­cobs, Mid­rand ANT­WOORD:

Met ’n on­lang­se be­soek aan die ryk­mans­strand C­lif­ton het dit by my op­ge­kom dat ek op ’n dag ge­lees het dat C­lif­ton eens ’n pa­ra­dys was vir A­fri­kaan­se skry­wers. Ont­hou ek reg? Ja, dit klink haas on­denk­baar, maar daar wás ’n tyd toe hui­se langs C­lif­ton so be­kos­tig­baar was dat tal­le woord­men­se hul­le hier kon ves­tig.

Min van dié bly­plek­ke is so on­los­maak­lik ver­bind met die A­fri­kaan­se woord­wê­reld as Sea-Girt van Uys K­ri­ge. Sea-Girt het ’n rol ge­speel in Ing­rid Jon­ker se doods­nag, haar min­naar An­dré P. B­rink het hier ja­loe­sie ver­wek, en dis die plek waar K­ri­ge stre­pe woor­de ge­sels het met an­der Se­s­ti­gers soos Etienne Le­roux, Chris Bar­nard en Bartho S­mit.

Dié li­te­ra­ti het lank voor die glit­te­ra­ti be­sef C­lif­ton is een van die al­ler­mooi­ste wê­reld­de­le. Dié kroon­ju­weel van A­fri­ka kon met ge­mak mee­ding met die sand­stran­de van die Sey­chel­le.

K­ri­ge kon ’n paar treë uit Se­aGirt gee en in die At­lan­tie­se O­se­aan se bib­ber­wa­ter wees. Hie­rin het hy hom glo daag­liks ver­fris.

C­lif­ton was des­tyds al ’n ge­wil­de plek om jou strand­hand­doek uit te gooi op son­deur­drenk­te dae. As die Suid­oos­ter el­ders woed, is C­lif­ton na al­le waar­skyn­lik­heid wind­stil. Hoog­so­mer tot laat A­pril was dit dié plek waar mans met ge­spier­de mae en sand­wit kui­we kom uit­span het tus­sen en­ge­le in skrap­se bi­ki­ni’s.

Die ure op C­lif­ton se stran­de het baie op­ge­le­wer wat on­ge­woon was, maar ná ’n doel­lo­se baai­e­ry wou K­ri­ge iets sin­vols doen. Dit het meest­al be­te­ken dat hy sy woor­de wou sif en neer­pen.

K­ri­ge se ver­bin­te­nis met C­lif­ton het oor 32 jaar, van 1938 tot 1970, ge­strek. Oor­spronk­lik het hy en sy vrou, Ly­dia, in ’n hout­huis, I­za­pa, ge­bly langs C­lif­ton se twee­de s­trand. Dit was ter­wyl hul­le hier ge­bly het dat K­ri­ge sy vier maan­de oue dog­ter Eu­la­lia “ge­doop” het in die wa­ters van C­lif­ton II.

K­ri­ge het in Trans­vaal gaan woon, maar hom in 1958 weer in C­lif­ton ge­ves­tig. Dié keer het hy Sea-Girt be­trek saam met die skry­wer Jack Co­pe. Se­ment­trap­pies langs die eer­tyd­se C­lif­ton­ho­tel het hier­heen ge­lei.

Sea-Girt had groot ven­sters waar­deur die see­bries kon in­waai en waar­deur jy kon kyk na die mooi men­se voor die hui­sies met hul piep­klei­ne tui­ne.

Van­af 1942 het N.P. van Wyk en Trui­da Louw ook langs C­lif­ton II ge­woon. Van Wyk het on­der meer die be­ken­de vers­dra­ma Ger­ma­ni­cus hier ge­skryf.

Deur die jare het van B­rey­ten­bach tot Au­camp aan­ge­doen by Sea-Girt en me­ni­ge in­tel­lek­tu­eel in­te­res­san­te ge­sprek is ge­voer.

Teen 1960 was K­ri­ge een van die ver­maar­ste Suid-A­fri­ka­ners. So be­kend was hy dat ’n brief uit die VSA hom be­reik het wat só ge­ad­dre­seer was: “Uys K­ri­ge, the fa­mous poet and wri­ter, South A­fri­ca”.

Jack en Ing­rid Jon­ker had ’n ver­hou­ding, maar sy raak met­ter­tyd ver­lief op An­dré P. B­rink. Vir B­rink bring Ing­rid selfs een keer na Sea-Girt wat ’n ja­loer­se Jack be­skryf as ’n “un­ne­ces­sa­ry pro­vo­ca­ti­on”. Met­ter­tyd het Uys na On­rust ge­trek. Jack het Se­aGirt van Uys ge­koop. Hy’t ge­suk­kel om Uys te be­taal en moes dit ui­t­ein­de­lik van die hand sit om sy skuld te delg.

Het dié skry­wers maar ge­weet hoe C­lif­ton­se ei­en­doms­pry­se sou klim, sou hul­le waar­skyn­lik lan­ger bly klou het aan hul hout­hui­sies.

Fo­to: CON­RAD BORNMAN

Die won­der­sko­ne C­lif­ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.