He­le ge­sin bal­jaar in sneeu

As die i­dee van ’n sneeu­en­ski­va­kan­sie eers pos­ge­vat het, dan is daar nie veel wat die T­heron­ge­sin kan stuit nie. Ná hul epiese reis om die wê­reld in 2014, het hul wor­tels nou be­hoor­lik in­ge­sak in die A­fri­ka­bo­dem, maar as jy lief is vir reis, dan is jy

Beeld - - Lifestyle - MARILIE T­HERON @Leef­styl24

Ons kies al­tyd die Fran­se ski­skool – dit is die goed­koop­ste ma­nier om te leer ski.

’NS­ki-va­kan­sie vir ’n ge­sin van ses is nie goed­koop nie, so ons be­sluit toe op ’n stra­te­gie om die sen­te te rek. Dít kos be­slis goeie lang­ter­myn­be­plan­ning.

Ons trek die al­ma­nak vir 2017, die skool­ka­len­der en weer­kaart van Eu­ro­pa na­der en be­sluit op ’n da­tum. By die mees­te lug­re­de­rye ken jy tot 11 maan­de voor jou be­plan­de ver­trek­da­tum kaart­jies koop.

Reis­wenk: Ont­hou, jy hóéf nie ’n re­toer­kaart­jie te koop nie. Daar is nie groot prys­ver­skil­le tus­sen vlieg na een be­stem­ming en ver­trek van­af ’n an­der be­stem­ming nie. Ons kies om met Qa­tar Air­ways via Doha na Genè­ve, S­wit­ser­land, te vlieg. Hoe­wel ons teen die tyd van vlug­te koop nog nie se­ker was oor die ski-oord nie, is Genè­ve die poort tot die mees­te Fran­se ski-be­stem­mings. Die keu­se in ver­bin­dings­bus­se hier­van­daan na ski-oor­de is e­norm.

Dit was ons eer­ste er­va­ring met Qa­tar Air­ways, en wat ’n vreug­de. Vir diens en ge­rief vir rei­sen­de ge­sin­ne is hul­le tops. Fa­mi­lies kan eer­ste aan boord gaan, ’n on­ge­loof­li­ke ver­skei­den­heid ver­maak word ver­skaf, die kin­ders se kos­pak­kies is kre­a­tief en hul­le word ook eer­ste be­dien.

Reis­wenk: Die oor­staan­tyd in Doha is dalk in par­ty ge­val­le lank, maar jy kan aan­soek doen om ’n gra­tis vi­sum om die lug­ha­we te ver­laat en jou eie ak­kom­mo­da­sie re­ël. ’n Kom­pli­men­tê­re bus­toer van Doha is ook be­skik­baar (hier­voor het jy nie eens ’n vi­sum no­dig nie). Al­mal leer ski Met die vlug­te ge­koop (Kaap­stad na Genè­ve, en vir die re­toer E­din­burg, S­kot­land, na Kaap­stad) teen ’n on­ge­loof­li­ke vroeë aan­bie­ding van R8 000 per per­soon, kan ons nou fo­kus op die keu­se van ski-oord, ver­blyf en ver­voer.

Len­te-ski in die Noor­de­li­ke Half­rond is dalk ’n bie­tjie ge­waagd, maar ons be­gin met die na­vor­sing. Val T­ho­rens, in die Sa­voie-streek van die Fran­se Al­pe, word aan­be­veel aan­ge­sien dit op 2 300 m die hoog­ste ski-oord in Eu­ro­pa is. Hoog, dus koud, dus (ho­pe­lik) sneeu!

Reis­wenk: Uit vo­ri­ge er­va­rings van ski saam met kin­ders, weet ons dit is die bes­te vir al­mal om so na­by as moont­lik aan die ski-hang en ver­al die ski-skool te bly.

Ná ’n vrees­li­ke ge­soek, deur on­der meer Ai­rbnb, A­go­da, T­ri­pad­vis­or en gids­boe­ke te fyn­kam, het ons ’n hulp­vaar­di­ge kon­sul­tant by die plaas­li­ke toe­ris­me­bu­ro in Val T­ho­rens ge­vind. Sy het ons ge­wys op die be­skik­baar­heid van self­sorg­een­he­de waar­van­daan ons tot op die ski-hang kon kom, son­der “te veel” ge­suk­kel.

Tot ons ver­ba­sing was die ont­moe­tings­plek vir die ski-sko­le vrees­lik groot, en het ons om­trent ge­suk­kel om uit te vind waar­heen ons die kin­ders op ons eer­ste dag moes neem. Hul­le is al vier in­ge­skryf by vier ver­skil­len­de groe­pe – ge­luk­kig was drie in die­self­de ge­bied! Nog­tans was ons om­trent 20 mi­nu­te laat.

Reis­wenk: Ons kies al­tyd die Fran­se ski-skool, want hoe­wel die in­struk­teurs nie al­tyd so vlot in En­gels is nie, is dit die goed­koop­ste ma­nier om te leer ski. Groe­pe wis­sel tus­sen ses en 12 in groot­te en jý kies die vaar­dig­heids­vlak vir die in­struk­sie.

Die groot­ste uit­ga­we is maar die ski-pas wat jou toe­gang gee tot die ka­bel­stoe­le, kar­re­tjies en meer. Son­der dié pas kan jy nie op die ho­ër han­ge kom nie.

Reis­wenk: Hou die oord van jou keu­se se web­werf dop vir die spe­si­a­le aan­bie­din­ge vir ski-pas­se. Daar is ge­woon­lik 10% of meer kor­tings as jy dit voor De­sem­ber sou koop.

Wan­neer dit kom by die be­kos­tig­baar­ste bed vir jou rand, pro­beer om die ei­e­naar van die ak­kom­mo­da­sie di­rek te kon­tak. A­gent­skap­pe vra al­tyd kom­mis­sie en jy be­taal duur­der vir die­self­de diens.

Met goeie be­plan­ning kan jy ook baie op jou toe­rus­ting spaar. Dit is nood­saak­lik om jou en die kin­ders so snoe­sig as moont­lik te maak om so lank as moont­lik teen die e­le­men­te daar­bui­te te kan uit­hou. Om met be­vro­re koue vin­gers en to­ne op ’n ski­hy­ser te sit, is nou nie my i­dee van pret nie. Dis eg­ter nie no­dig om al­les nuut te koop nie. Vra rond en leen by vrien­de, of be­stel kle­re aan­lyn deur A­ma­zon Eu­ro­pe, om af­ge­le­wer te word by jou eer­ste oor­nag­plek. Die ski’s, stok­ke en skoe­ne kan plaas­lik ge­huur word, maar ook dit kan lank voor die tyd be­spreek word, en moe­nie skaam wees om af­slag te vra nie. Die mees­te ver­blyf­plek­ke gee jou ook ’n af­slag­koe­pon vir die ski/bord se huur. S­mul en ver­voer­sa­ke So wat eet ’n ge­sin van ses met so ’n ak­tie­we va­kan­sie?

Geen ski-va­kan­sie is vol­maak son­der ’n warm­sjo­ko­la­de of gl­ühwein langs die ski-hang nie – maar daar­voor dok ’n mens ’n al­la­min­ti­ge € 5 (R72) per be­ker op.

Vat­bier kan jou tot € 8 (R116) uit die sak jaag. ’n Por­sie hoen­der­stuk­kies en sky­fies het ons € 12 ge­kos en die weg­neem­piz­za tus­sen € 11 en € 15 (R160-R218).

Reis­wenk: Ek het ’n groot ver­skei­den­heid nie­be­derf­ba­re pro­duk­te (in­slui­ten­de pas­ta, blik­kies­kos, sop, kof­fie, tee en sui­ker) uit ons eie su­per­mark saam­ge­neem.

Die re­stau­ran­te is bui­ten­spo­rig met hul pry­se en selfs die su­per­mar­kies pro­beer hul geld maak in die sei­soen. Ons het wel vars pro­duk­te daar aan­ge­koop en ge­smul aan die ka­se en Fran­se bro­de.

Wan­neer dit kom by ver­voer is dit ge­rief­lik en be­kos­tig­baar­der om bus­ver­voer tus­sen die lug­ha­we en ski-oord te be­spreek, ver­al as jy al­leen reis of in ’n klein groep is.

Reis­wenk: Hou maar die naar­heid­pil­le by­der­hand vir jou klein reis­ge­no­te, ver­al as jy van ’n bus­diens ge­bruik maak wat nie op e­ni­ge plek kan s­top nie. Die paaie berg­op is maar kron­ke­lend, maar dit werk ook om hul­le aan­dag op iets an­ders te ves­tig. Die na­tuur­skoon is na­tuur­lik on­ge­loof­lik.

So nou is jou vraag se­ker: Hoe­kom al die moei­te, maan­de van be­plan­ning en hoë kos­te vir een week op die sneeu?

Die ge­knars van my ste­wels op die sneeu, ’n de­li­ka­te sneeu­vlok­kie wat op my bruin­oog­kind se wim­pers land, die sor­ge­lo­se kin­der­gil­le in die groot sneeu­bal­ge­veg, die roe­ke­lo­se duik in diep vars sneeu (wan­neer die sneeu tot on­der jou kraag in­kruip), die ge­suis van jou bord of ski’s wat deur die sneeu gly, die he­le ge­sin saam op ’n ski-hang, pienk wan­ge­tjies wat on­der ’n sneeu­bril uit­loer, die ge­kwet­ter van al­mal wat om die e­tens­ta­fel die dag se we­der­va­rin­ge met me­kaar ver­ge­lyk, die han­de ge­vou om ’n laas­te kop­pie rooi­bos voor bed­tyd – dít is hoe­kom ons reeds weer be­gin praat het oor ons vol­gen­de ski­va­kan­sie.

Fo­to’s: MARILIE EN AR­NO T­HERON

Ski­skool­cha­os en groot pret.

Die uit­sig van­af ons woon­stel oor Val T­ho­rens. Ons het die toe­ris­me­kan­toor ge­kon­tak en hul­le het ons ge­help om die woon­stel te be­spreek.

Ni­na (6) met haar sneeu­manskep­pings.

Net om die draai van ons cha­let was dié heer­li­ke bak­ke­ry – ons het ge­reeld aan hul lek­ker­nye ge­smul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.