Herfs­to­ne­le maak hart warm

Beeld - - Lifestyle -

Die te­ma van Mei se tu­in­kom­pe­ti­sie was herfs en het ge­fo­kus op e­ni­ge na­tuur­to­neel wat jou aan hier­die kleur­ry­ke sei­soen her­in­ner.

Die wen­ner van die Mar­ga­ret Ro­berts-ge­skenk­pak is van­dees­maand Ko­bus Pel­ser van Bloem­fon­tein. Baie ge­luk, en mag jy groot suk­ses met jou krui­e­tuin hê!

Met hier­die prys wen Pel­ser ’n ge­skenk­pak be­staan­de uit saad­pak­kies vir gras­uie, ro­ket, pie­ter­sie­lie, bron­slaai, mos­terd, ker­wel, tie­mie en so­mer­vi­ool­tjies. Ook Mar­ga­ret Ro­berts Su­per­char­ger en ’n saad­bal vir vo­ëls is deel van die prys.

Die tu­in­kom­pe­ti­sie vir Ju­nie be­gin som­mer van­dag. Le­sers kan fo­to’s van mooi vo­ëls in die tuin s­tuur. Ont­hou om by jou in­skry­wing ’n bie­tjie meer in­lig­ting te gee oor wat­ter plan­te in jou tuin vo­ëls lok, of jy saad vir hul­le uit­sit en of jy ’n vo­ël­bad het waar­in hul­le kom bal­jaar. Deel ge­rus ook van jou wen­ke om vo­ëls na jou tuin te lok.

Skryf in deur e-pos met die fo­to van e­ni­ge vo­ël in jou tuin in .j­peg-for­maat aan­ge­heg na tuin@ me­dia24.com te s­tuur. In el­ke e-pos moet die plek of voor­werp se naam, die fo­to­graaf se naam en van, as­ook die dorp of voor­stad waar die fo­to­graaf woon, staan. El­ke le­ser kan drie fo­to’s in­skryf. El­ke fo­to moet gro­ter as 200 KB wees om te kwa­li­fi­seer.

Die prys vir Ju­nie sal bin­ne­kort be­kend ge­maak word.

Hier is ’n paar van die mooi in­skry­wings wat vir Mei ont­vang is.

Hier­die pragtige herfs­to­neel is deur Ko­bus Pel­ser by Rooi­dam in Bloem­fon­tein af­ge­neem. Die weer­kaat­sing van die bo­me en die sag­te lig ver­skaf voor­waar ’n a­sem­ro­wen­de prent­jie.

Die Oos­Vry­staat­se Hoog­lan­de is be­kend vir hul be­ko­ring in die herfs. F­red Beck van S­prings het hier­die land­skap­to­neel van Fou­ries­burg ge­stuur.

Herfs in al sy glo­rie lê op die grond van Er­na van Wyk se tuin in Al­len’s Nek, Roo­de­poort.

Vei­lig tus­sen dié goud­geel rank­plant in Ba­er­bel van Nie­kerk se tuin in Drie Ri­vie­re, Ve­ree­ni­ging, het ’n hout­kap­per ’n warm nes as be­skut­ting teen die koue wat kom.

“Ag­ge nee! Die win­ter is op pad!” ’n Trot­se ou­ma, An­sie Coom­ans, het dié fo­to van haar klein­dog­ter, Vi­daA­ni Mark­graaff, in­ge­stuur. Die fo­to is deur Li­ze­Ma­re Mark­graaff ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.