Kaap­se le­gen­de durf Com­ra­des weer aan

Beeld - - Sport - – nb­sport, S­port­re­dak­sie

Far­wa Men­toor, ’n le­gen­de en tien­ma­li­ge wen­ner van die goud in die Com­ra­des, maak vol­gen­de na­week haar te­rug­keer tot dié uit­mer­ge­len­de ul­tra­ma­ra­thon.

Die 44-ja­ri­ge sal vol­gen­de Sa­ter­dag die 11de keer haar ver­sky­ning maak in die pad­wed­loop na­dat sy tus­sen 2002 en 2011 goue me­dal­jes ver­o­wer het.

Sy het se­we keer in die top­vyf van die Com­ra­des ge­ëin­dig met haar bes­te tyd op 6:14:13 in 2004.

’n Dyspier­be­se­ring het haar in 2012 uit die wed­loop ge­hou en haar loop­baan as ’n Com­ra­des-at­leet ’n har­de slag toe­ge­dien.

Men­toor, wat die Ned­bank-hard­loop­klub ver­teen­woor­dig, meen dat haar te­rug­keer groot­liks daar­mee te doen het dat sy haar ge­dag­tes wil skoon­maak.

“Ek is deur ’n paar er­ge per­soon­li­ke pro­ble­me in die ge­sig ge­staar en die bes­te ma­nier vir my om dit te han­teer, is om te hard­loop om­dat dit vir my nuwe per­spek­tief gee oor wat ek moet doen,” sê sy.

Vol­gens dié lang­a­sem was die deur­slag­ge­wen­de oom­blik wat haar ge­mo­ti­veer het om haar weer vir die Com­ra­des in te skryf, toe sy een van Kaap­stad se ma­ra­thons bin­ne drie uur en 15 mi­nu­te kaf­ge­draf het. Sy glo dit het be­wys dat hoe­wel sy na die ou­er kant neig sy geen­sins koud is nie.

“Ek hoop net my brein en lig­gaam kan ont­hou hoe om die Com­ra­des te be­na­der,” sê sy.

“Ek dink my spier­ge­heue sal ná ’n paar ki­lo­me­ter in­skop.”

Men­toor meen dat sy sal vas­klou aan die re­sep wat haar deur al die jare ge- help het om die me­dal­jes in te ryg.

“Ek dink ek sal hou by my wed­loop­plan wat in die ver­le­de in my guns ge­tel het, waar ek kon­ser­wa­tief be­gin met ’n pas waar­mee ek ge­mak­lik voel. Ek glo vas dat jy die tyd kan op­maak wat jy aan die be­gin ver­loor as jy vars be­ne het wan­neer die wed­loop sy twee­de helf­te be­reik.”

Van­jaar se wed­loop sal aan Men­toor ’n goeie aan­dui­ding gee of sy steeds me­de­din­gend kan deel­neem en of sy “net moet hard­loop vir die lief­de daar­van”.

Fo­to: GALLO IMAGES

Far­wa Men­toor in ak­sie in 2006 se Twee O­se­a­ne­ul­tra­ma­ra­thon. Op 44 sal sy vol­gen­de week weer die Com­ra­des aan­durf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.