S­tra­ler­jak­ker is Su­net­te nié

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Su­net­te Vil­joen sal ook nie meer aan die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in Eu­ge­ne in die A­me­ri­kaan­se deel­staat O­re­gon deel­neem nie. Vil­joen het haar ont­trek aan dié by­een­koms in A­me­ri­ka om­dat sy haar eer­der daar­op wil toe­spits om goud in Lon­den op die Wê­reld­by­een­koms in Au­gus­tus te ver­o­wer.

WWS S­ports and En­ter­tai­n­ment Ma­na­ge­ment, wat Vil­joen se sa­ke be­har­tig, sê in ’n ver­kla­ring dat dié be­sluit ge­neem is deur Ter­seus Lie­ben­berg, haar af­rig­ter, wat bang is dat die by­een­koms haar kan laat uit­brand.

“Vil­joen se af­rig­ter voel dat om 25 uur in een rig­ting te reis en dan weer die­self­de te­rug, na­de­lig sal wees vir haar voor­be­rei­ding, wat se­we an­der kom­pe­ti­sies voor die Wê­reld­by­een­koms in­sluit.”

Vil­joen moet oor twee we­ke ook in Praag deel­neem en Lie­ben­berg voel as sy A­me­ri­ka toe ge­reis het, sou sy nie ge­noeg her­stel­tyd hê nie.

Dié be­sluit volg kort op die nuus dat Wen­da Nel, die 400 m-hek­kies­blits, deel­na­me in Eu­ge­ne ont­sê is.

Nel het tot en met Dins­dag nog on­der die deel­ne­mers aan dié by­een­koms ge­tel voor­dat sy skie­lik in­ge­lig is dat haar naam van die lys ver­wy­der is en sy nie meer daar kan kom hard­loop nie.

Nel het ge­sê sy weet nie waar­om die be­sluit ge­neem is nie.

Dit be­te­ken dat Cas­ter Se­me­nya al­leen Suid-A­fri­ka se vaan­del in A­me­ri­ka sal dra.

Way­de van Nie­kerk, Suid-A­fri­ka se 400 m-wê­reld­kam­pi­oen, sal nie­te­min van­dag vas­ge­na­el voor die te­le­vi­sie wees om die der­de skof van die Di­a­mant­li­ga-reeks dop te hou.

Hoe­wel hy nie in die blok­ke sal sak in Eu­ge­ne nie, sal hy tog ’n goeie i­dee van ’n paar van sy teen­stan­ders se hui­di­ge peil kry.

LaS­ha­wn Mer­ritt, wat ver­le­de jaar der­de ge­ëin­dig het in die O­lim­pie­se wed­loop waar Van Nie­kerk Mi­cha­el John­son se wê­reld­re­kord kaf­ge­draf het, sal een van die groot na­me wees wat gaan deel­neem.

Mer­ritt se vin­nig­ste tyd van­jaar was 44.78.

Van Nie­kerk het van­jaar nog net op die Suid-A­fri­kaan­se S­tu­den­te­kam­pi­oen­skap aan dié i­tem deel­ge­neem.

Ka­ra­bo Si­banda van Botswa­na, wat vyf­de in Rio de Ja­nei­ro ge­ëin­dig het, sal ook sy kleim in Eu­ge­ne wil af­steek, met B­rit­tan­je se Mat­thew Huds­onS­mith wat ook een sal wees om dop te hou.

.

Fo­to: GALLO IMAGES

Su­net­te Vil­joen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.