Se­we Grand Slam­wen­ners slaan af

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

In die af­we­sig­heid van Se­re­na Wil­li­ams en Ma­ria S­ha­ra­po­va, wat vier van die laas­te vyf ti­tels tus­sen hul­le op Ro­land Gar­ros ge­wen het, én ’n be­se­ring aan een van die guns­te­lin­ge, is die stryd om die Cou­pe Su­zan­ne Len­glen van­jaar wa­wyd oop.

S­ha­ra­po­va, die wen­ner in 2012 en 2014, het ge­hoop om as pro­mo­tors­keu­se toe­ge­laat te word na­dat sy reeds haar te­rug­keer van ’n skor­sing vir die ge­bruik van ’n ver­bo­de mid­del ge­maak het. Die or­ga­ni­seer­ders wou niks weet nie, ook om­dat dit teen­stry­dig met die re­ëls is.

Die swan­ger Wil­li­ams, wen­ner in 2013 en 2015, is met vroeë kraam­ver­lof, ter­wyl Vic­to­ria A­za­ren­ka eers ná die Fran­se Ope amp­te­lik van haar kraam­ver­lof af sal te­rug­keer.

Die der­de ge­keur­de Roe­meen Si­mo­na Ha­lep hou in­tus­sen duim vas dat haar en­kel­be­se­ring haar nie gaan poot­jie nie. Dié guns­te­ling van be­roeps­wed- ders was voor­af die wen­ner in Ma­drid en was op koers om weer so te maak toe sy in die eind­stryd in Ro­me haar reg­teren­kel le­lik ge­swik het.

Ver­le­de jaar se wen­ner, Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za van S­pan­je, word nie juis as ’n guns­te­ling be­skou nie. Dié vier­de ge­keur­de het nog geen ti­tel van­jaar ge­wen nie en haar klei­baan­sei­soen het ook nie te waf­fers be­gin nie. Sy is vroeg in S­tutt­gart en Ma­drid uit­ge­ska­kel, maar het in Ro­me, waar sy in haar op­mars met Ve­nus Wil­li­ams af­ge­re­ken het, da­rem die half­eind­stryd ge­haal.

Sy moes eg­ter met ’n sty­we nek ont­trek. Dit is die vier­de keer in tien toer­nooie van­jaar dat sy be­seer uit­ge­tree het.

Dit is te be­twy­fel of sy Jus­ti­ne He­nin – die laas­te vrou wat ag­ter­een­vol­gens (2005 tot 2007) kon wen – dit kan na­doen.

Sy kom in die eer­ste ron­de teen 2010 se wen­ner, Fran­ces­ca S­chi­a­vo­ne van I­ta­lië, te staan, ter­wyl die eer­ste ge­keur­de An­ge­li­que Ker­ber in ’n moont­li­ke half­eind­stryd op haar wag.

Dan is daar K­ris­ti­na Mla­de­no­vic. Dié 13de ge­keur­de bui­te­perd is die tuis­ska­re se groot hoop op ’n eer­ste Fran­se wen­ner se­dert 2000 toe Ma­ry Pier­ce met die kroon weg­ge­stap het. Ki­ki, soos sy be­kend staan, het al twee keer tro­feë op Ro­land Gar­ros ge­lig – sy het in 2009 die ju­ni­or ti­tel ge­wen ter­wyl sy en Ca­ro­li­ne Gar­cia ver­le­de jaar die dub­bel­spel­ti­tel ge­wen het.

Sy het van­jaar die eind­stry­de in S­tutt­gart (sy het S­ha­ra­po­va in die half­eind ge­klop) én Ma­drid ge­haal, maar is in die eer­ste ron­de in Ro­me uit­ge­ska­kel. Sy is die af­ge­lo­pe drie jaar in Pa­rys el­ke keer in die der­de ron­de uit­ge­ska­kel.

Pe­tra K­vi­to­va se ver­ras­sen­de in­slui­ting as 15de ge­keur­de gis­ter in die hoof­lo­ting na­dat sy van ’n mes­aan­val in De­sem­ber her­stel het, bring mee dat se­we Grand Slam-wen­ners van­jaar op Ro­land Gar­ros sal af­slaan.

Fo­to: GETTY IMAGES

K­ris­ti­na Mla­de­no­vic oe­fen op Ro­ land Gar­ros.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.