AB­hul­le móét wen

Beeld - - Sport - Die Pro­tea­kap­tein, AB de Vil­liers, en sy span is on­der groot druk in van­dag se twee­de een­dag­stryd teen En­ge­land. Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka se krie­ket­span be­vind hom van­dag in ’n po­si­sie waar­aan hy die laas­te twee jaar al ge­woond ge­raak het.

Ná sy ne­der­laag in die eer­ste een­dag­wed­stryd teen En­ge­land, Woens­dag in Leeds, moet Suid-A­fri­ka nou al­bei die oor­bly­wen­de wed­stry­de wen om dié reeks te be­klink.

Dit is niks nuuts vir AB de Vil­liers-hul­le nie. Die Pro­te­as het hul laas­te ses bi­la­te­ra­le een­dag­reek­se ge­wen, maar in vier van dié se­ges het die reeks ge­lyk­op ge­trek voor die laas­te wed­stryd.

Die an­der twee reek­se, teen Aus­tra­lië en Sri Lan­ka, het die Pro­te­as al­bei met 5-0 ge­wen.

Die Pro­te­as het reek­se teen Nieu-See­land in Suid-A­fri­ka (met 2-1), weg teen In­dië (met 3-2), tuis teen En­ge­land (met 3-2) en weg teen Nieu-See­land (met 3-2) ge­wen.

In die reeks teen En­ge­land ver­le­de Ja­nu­a­rie het die SuidA­fri­ka­ners van 0-2 te­rug­ge­veg om ui­t­ein­de­lik te se­ë­vier. SuidA­fri­ka het dus ses keer in die laas­te twee jaar ’n wed­stryd ge­speel wat hy móés wen om óf die reeks te be­klink óf om dit aan die le­we te hou. Hy het al ses dié wed­stry­de ge­wen.

Dít is nie die ti­pe re­kord wat jy ver­wag van ’n span wat ’n re­pu­ta­sie het dat hy vou in die groot oom­blik­ke nie.

Dié ti­pe druk­be­laai­de wed­stry­de dien ook as uit­ste­ken­de voor­be­rei­ding vir die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee, wat vol­gen­de week be­gin.

Die Pro­te­as speel groep­wed­stry­de teen Sri Lan­ka, Pa­ki­stan en In­dië in dié toer­nooi. Twee span­ne in die groep dring deur na die half­eind.

Mak­lik gaan dit nie wees in van­dag se stryd in die Ro­se Bo­wl in Sout­hamp­ton en Maan­dag s’n op Lord’s in Lon­den nie.

En­ge­land is uit­ste­kend op dreef en het die siel­kun­di­ge hef in die hand ná die klin­ken­de se­ge Woens­dag.

Die e­nig­ste kom­mer was die fiks­heid van Ben S­to­kes. Dié rooi­kop het net twee boul­beur­te in die eer­ste wed­stryd ge­boul en het pyn ver­duur weens ’n knie­be­se­ring.

En­ge­land het gis­ter aan­ge­kon­dig dat hy fiks is en sal speel.

Dit is moei­lik om te sien hoe En­ge­land, wat Don­der­dag teen Bangla­desj in die o­pe­nings­wed­stryd van die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee speel, sou waag met só ’n be­lang­ri­ke spe­ler.

Suid-A­fri­ka het nie spe­lers met ske­te nie, maar daar is tal­le kwel­vrae oor die ba­lans in die span en die sa­me­stel­ling van die bou­l­aan­val.

Ná die En­gel­se kol­wers 339/6 in Leeds ge­mo­ker het, is daar druk op die keur­ders om een van die veel­sy­di­ge spe­lers weg te laat en die bou­l­aan­val met Mor­né Mor­kel te ver­sterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.