Lam­mers ter slag­ting op Lof­tus

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Ti­an Schoeman en Ru­dy Pai­ge teen Beau­den Bar­rett en TJ Pe­re­na­ra.

En dan is daar die de­bu­tant Dun­can Mat­thews wat teen­oor die All Black-ma­kro­vleu­el Ju­li­an Sa­vea stel­ling in­neem.

Die slot­som wat jy maak wan­neer van dié twee­stry­de op­ge­weeg word, is dat die Bul­le van­mid­dag op Lof­tus Vers­feld lam­mers ter slag­ting is wan­neer hul­le in die Su­per­reeks die Hur­ri­ca­nes aan­durf.

Die be­soe­kers kom P­re­to­ria toe met ’n be­gaaf­de ag­ter­lyn wat jou her­in­ner aan die dae wat Jo­nah Lomu, Chris­ti­an Cul­len en Ta­na U­ma­ga die ’Ca­nes se teen­stan­ders ver­niel het.

Dit ter­wyl daar in die Bul­le­kamp die af­ge­lo­pe week ge­wor­stel is oor die hoof­brei­er, Nol­lis Marais, se lot en ook ’n vleu­el­kri­sis aan­ge­pak moes word.

Die kon­tras tus­sen die span­ne is om­vang­ryk en die sta­tis­tie­ke skets ’n don­ker prent­jie vir die Bul­le.

Ná 11 wed­stry­de het die Hur­ri­ca­nes by­voor­beeld al 72 keer gaan druk en die Bul­le net 25 keer.

Ter­loops, die be­soe­kers se sen­ter­paar – Vin­ce Aso en N­ga­ni Lau­ma­pe – het tus­sen hul­le al 24 keer gaan af­rond.

Die Hur­ri­ca­nes, met ’n ge­ni­a­le Bar­rett aan die s­tuur, speel met die groot­ste vry­heid en af­wis­se­ling, is bru­taal kli­nies en kom teen ’n span te staan wat lan­klaas só kwes­baar was.

Dit is tra­gies, maar die Bul­le sal dit waar­skyn­lik as ’n skaf­li­ke ver­to­ning be­skou as hul­le nie meer as 50 pun­te teen die kam­pi­oen af­staan nie.

Kan die Lig­blou­es 80 mi­nu­te lank met wel­slae wal­gooi? Dit klink na dag­dro­me.

Mat­thews het ’n on­be­ny­dens­waar­di­ge af­spraak met “Die Bus” van Wel­ling­ton, Sa­vea.

Die All Black het ’n ge­wigs­voor­deel van meer as 20 kg teen die on­ver­va­re buk­sie van Mal­mes­bu­ry en die be­soe­kers sal fyn be­plan om hom te ont­se­nu.

In die mid­del­veld het die Bul­le-sen­ter­paar, Jan Ser­fon­tein en Bur­ger O­den­daal, self ’n be­proe­wing op han­de teen Aso en Lau­ma­pe.

Af­ge­sien van die chro­nie­se pro­ble­me wat die Bul­le se self­ver­troue on­der­myn, word die span aan­ge­voer deur ’n man wat sy eie per­soon­li­ke stryd voer.

A­dri­aan S­trauss sal ’n paar goeie ver­to­nings moet le­wer om te oor­tuig hy word nie op re­pu­ta­sie ge­kies nie. Hy het die af­ge­lo­pe week ver­tel ’n Ki­wi-span kan ge­klop word as jy goed na jou be­sit om­sien en ge­bieds­voor­deel ge­niet.

Hie­rin lê juis die oog­lo­pen­de leem­te vir die Bul­le. Om in die Hur­ri­ca­nes se half­ge­bied te boer moet ’n span tak­ties op sy stuk­ke wees, maar nie Schoeman of Pai­ge het dié ver­nuf nie.

Die Bul­le kon ook nog nie van­jaar fa­se-ná-fa­se-druk op­bou en gaan af­rond nie.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Hur­ri­ca­nes se los­ska­kel Beau­den Ba­rett is van­jaar die voor­ste nr. 10 in wê­reld­rug­by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.