Ro­bert se skat­kis is vol

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

As dit waar is dat ’n mens se ryk­dom aan jou kin­ders ge­meet word, is Ro­bert du P­reez se­ker­lik die Bill Ga­tes van die rug­by­wê­reld.

Want kyk, as jy drie seuns het wat op Su­per­rug­by-vlak kook, is jy ’n ge­se­ën­de man.

Maar Du P­reez, die Haaie se breier, het ook ’n ta­me­le­tjie.

An­ders as sy twee­ling, Je­anLuc en Dan, speel sy oud­ste seun, Ro­bert, nie vir die Haaie nie, maar vir die S­tor­mers.

En die Haaie speel juis dié na­week in ’n groot Su­per­rug­by­stryd teen die S­tor­mers in Dur­ban.

Die los­ska­kel Ro­bert is eg­ter be­seer en hy be­hoort ’n groot leem­te vir die be­soe­kers te laat.

“Ek dink be­slis hy is ’n groot ver­lies vir hul­le. Hy het goed ge­speel tot dus­ver. Dit is baie moei­lik om ’n span af te rig wat teen jou seun speel. Ek voel jam­mer vir hom dat hy ’n be­se­ring op­ge­doen het,” sê Du P­reez se­ni­or.

Die breier er­ken dat die S­tor­mers in Ro­bert se af­we­sig­heid Fo­to’s: GALLO IMAGES nie die­self­de suk­ses op die aan­val het as wan­neer hy speel nie.

In sy af­we­sig­heid, sal Kurt Co­le­man die be­soe­kers se ge­ne­raal wees.

Co­le­man is vir ’n wy­le reeds in die S­tor­mers se struk­tuur, maar hy het nog nie juis die wê­reld aan die brand ge­speel nie.

Dié los­ska­kel kan ook ver­wag dat die flank Je­an-Luc en agt­ste­man Dan ge­reeld in sy ka- naal gaan af­storm om sy ver­de­di­ging te toets.

Met dié dat Du P­reez se seun vir die S­tor­mers speel, kyk hy ge­reeld na die Kaap­se span se wed­stry­de. Hy weet dus wat om te ver­wag.

“Hul­le dryf baie goed met hul groot voor­spe­lers. As jy hul­le ’n ge­leent­heid gee, sal hul­le hard­loop. Ons ver­de­di­ging sal skerp moet wees om daar­die groot ou­ens te keer wat om die hoe­kies kom,” sê hy.

P­hi­lip van der Walt, die Haaie se kap­tein wat saam met die Du P­reez-twee­ling ’n los­trio vorm, is dit met sy breier eens.

“Ons moet hul­le bin­ne die eer­ste twee fa­ses s­top. Ons moet hul­le dan dwing om lie­wer te skop of iets an­der te doen en nie die heel­tyd om die hoe­ke te breek nie. As ons hul­le gaan toe­laat om met die voor­spe­lers veld te wen, gaan dit ’n lang dag vir ons word,” sê Van der Walt.

Die Haaie speel met die­self­de ag­ter­lyn as die een wat ver­le­de week in die se­ge van 38-17 oor die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer be­gin het.

Dit be­te­ken die vleu­el L­wa­zi M­vo­vo be­man weer die laas­te ves­ting.

M­vo­vo is ver­dag on­der die hoë bal.

Hoe­wel die Sun­wol­ves dit nie uit­ge­buit het nie, kan Rob­bie F­leck, S­tor­mers-breier, se be­sluit om vir Co­le­man te kies, straks aan­dui dat die be­soe­kers hom wel sal toets.

Voorts sal die Na­mi­bie­se bin­ne­sen­ter, Jo­han Dey­sel, die te­rug­ke­ren­de S­pring­bok Da­mi­an de Al­len­de goed moet dop­hou.

C­hee­tahs nie op moed­ver­loor se vlak­te, sê Ou­pa

Je­an­Luc en Dan du P­reez by ’n Haai­oe­fe­ning in Dur­ban.

Ro­bert du P­reez

Kurt Co­le­man dra Sa­ter­dag die S­tor­mers se nr. 10­trui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.