Wie’s Leeu­kuil se wa­re Ko­ning?

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Die Kings sal 15 brul­len­de Leeus se snor­baar­de moet trek en dit sal hul­le baat om by Ru­an Com­brinck te be­gin.

An­ders as wat net meer as ’n week ge­le­de die ge­val met die Bul­le was, kom die Kings Son­dag op El­lis­park aan met die ge­loof dat hul­le die Leeus in hul eie Leeu­kuil kan ver­ras.

Die Oos-Ka­pe­naars speel met groot self­ver­troue en gaan nie skroom om die veel meer ge­roem­de Leeus op hul eie sterk­punt, aan­val­len­de rug­by, die stryd aan te sê nie.

Wan­neer die kans hom voor­doen, sal die man­ne daar uit die Baai laat waai deur die bal wyd te speel en die Leeus se ver­de­di­ging te be­proef.

’n Stryd wat baie in­te­res­sant kan ver­loop, is dié in die voor­ry. Dit is die hui­di­ge Leeusvoor­ry wat slaags raak met ’n eer­tyd­se Leeus-voor­ry in Ross Gel­den­huys, Mar­tin Be­zui­den­hout en S­chalk van der Mer­we.

Aan mo­ti­ve­ring om Ru­an D­rey­er, Rob­bie Coet­zee en Ja­c­ques van Rooy­en in tru­rat te kry, sal dit nie ont­breek by die Kings-voor­ry nie.

Wie ook al in hier­die as­pek van die spel die oor­hand kry, sal die grond­slag lê vir hul span om die bo­toon te voer.

Gel­den­huys, wat ook al vir die High­lan­ders ge­speel het, voer die Kings aan in die af­we­sig­heid van hul be­sie­len­de lei­er Li­o­nel Cron­jé. Die be­se­ring wat Cron­jé uit hier­die krag­me­ting hou, het die be­soe­kers be­roof van een van hul skerp­ste an­gels en die man wat hul­le goed by­me­kaar hou.

Pie­ter-S­teyn de Wet is eg­ter self nie te ver­smaai nie en sien hy ge­noeg van die bal, kan hy ge­leent­he­de vir sy haas­ti­ge vleu­els, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi en Als­haun Bock, skep.

Speel hul­le soos hul­le kan, be­hoort die Leeus eg­ter steeds ge­noeg skiet­goed te hê om bo uit te kom en selfs ’n vol­tal van vyf liga­pun­te te ver­o­wer.

Hul­le sal eg­ter daar­teen moet waak om té gou té wyd te wil speel, want dan speel hul­le in die han­de van die on­or­to­dok­se Baai­e­naars.

Die re­sep moet wees om voor­langs be­heer te neem en só die be­soe­kers tot oor­ga­we te dwing voor­dat die ag­ter­lyn die kans ge­gun word om oor die voor­deel­lyn te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.