Weel­de net waar jy kyk

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief Een van die ge­sel­li­ge leef­a­re­as. Prys:

Hier­die ju­weel van ’n huis in die vei­li­ge, lan­de­li­ke goue oos­te­li­ke de­le van P­re­to­ria straal van e­le­gan­sie.

Van die eer­ste oog­op­slag be­sef jy dit is geen ge­wo­ne ei­en­dom dié nie . . . danksy ’n son­der­lin­ge at­mos­feer van rus en vre­de, mis­ti­ge og­gen­de en rooi A­fri­ka­sons­on­der­gan­ge.

Die dub­bel­vo­lu­me-in­gangs­a­rea maak ’n ma­je­stu­eu­se by­drae tot die al­ge­he­le e­le­gan­sie van die huis, en vloei naat­loos oor na vier ruim ge­ïn­te­greer­de leef­a­re­as, kom­pleet met ’n ge­sel­li­ge vuur­herd. Drie van die leef­a­re­as se deu­re skuif oop na ’n a­sem­ro­wen­de swem­bad- en ont­haal­a­rea wat deel vorm van die e­nor­me ont­wer­per­s­tuin.

Die kom­buis is e­wen­eens e­le­gant dog in­for­meel – en toe­ge­rus vir e­ni­ge sjef om droom­ge­reg­te daar op te to­wer.

’n Deel van die sjar­man­te ge­rief van die kom­buis is ’n spens, vol­op werk­ruim­te, ’n af­son­der­li­ke op­was­a­rea en ’n ont­byt­hoe­kie.

Drie luuk­se en sui­te-slaap­ka­mers is die toon­beeld van ge­mak en ruim­te. Al­le slaap­ka­mers loop uit op ’n sit­ka­mer met ’n kag­gel, ’n mi­ni-kom­buis en speel­ka­mer. Om al­les te kroon is daar ’n pragtige uit­sig oor Z­wa­vel-val­lei. Dit be­te­ken jy kan jou­self in die hoof­bad­ka­mer pam­per­lang met ’n bor­rel­bad, ter­wyl jy deur die e­nor­me ven­sters oor die val­lei uit­kyk.

Wil jy van die huis af werk, is daar ’n pri­va­te, son­ni­ge stu­deer­ka­mer/kan­toor met ki­aat­boek- rak­ke.

Om ’n reeds per­fek­te ruim­te ver­der te ver­vol­maak is daar ’n klank­stel­sel reg­deur die huis, drie mo­tor­hui­se, ’n gas­te­bad­ka­mer, ver­hit­te hand­doek­re­lings, on­der­vloer­se ver­hit­ting, lug­ver­sor­ging en goed in­ge­rig­te per­so­neel­ver­blyf.

Bo: Reeds by die in­gang van die ma­je­stu­eu­se ei­en­dom weet jy dit is geen ge­wo­ne ei­en­dom nie!

Dié ver­trek is per­fek vir ont­span­ning.

Die kom­buis is ge­sel­lig en baie e­le­gant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.