Klein, goed­koop en per­fek

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief

Daar is ’n ny­pen­de te­kort aan ver­blyf in Jo­han­nes­burg vir huur­ders wat ver­blyf van tus­sen R2 000 en R3 000 per maand wil hê. Teen hier­die ag­ter­grond het die ei­en­dom­s­on­der­ne­ming Li­ve Ea­sy vo­ren­dag ge­kom met ’n nuwe kon­sep om te vol­doen aan die be­hoef­te aan ’n “land­goed-leef­styl” vir la­er­in­kom­ste­groe­pe. Hul op­los­sing is na­no-huur­een­he­de met ’n leef­sty­le­le­ment wat nog nooit te­vo­re in die be­kos­tig­ba­re mark be­skik­baar was nie.

Die groot­te van ’n na­no-een­heid is 15 m², wat ’n en sui­te-bad­ka­mer en kom­bui­sie in­sluit. Al­le ont­wik­ke­lings sluit ook ruim ge­meen­skap­li­ke a­re­as in – ’n kui­e­r­a­rea en ka­fee wat ge­meen­skaps­in­ter­ak­sie aan­moe­dig, speel­a­re­as bin­ne en bui­te, gra­tis WiFi-en DStv-toe­gang, braai­a­re­as, ’n su­per­mark, ka­fee, gim, crè­che, kan­toor­ruim­te, 24 uur- bi­o­me­trie­se en ge­slo­te­kring­te­le­vi­sie, se­ku­ri­teit, par­keer­plek­ke en ’n voor­af­be­taal­de e­lek­tri­si­teits­me­ter en ’n lees­ba­re wa­ter­me­ter vir el­ke een­heid.

Die mees­te van die een­he­de is a­tel­jees met huur­geld wat wis­sel van R1 950 tot R3 750 per maand.

“S­te­de­li­ke be­wo­ners reg­oor Jo­han­nes­burg suk­kel om bly­plek te kry wat skoon, vei­lig en be­kos­tig­baar is,” sê Jef­frey Froom, me­de­stig­ter van Li­ve Ea­sy.

“Hul­le ver­dien in­tree- tot mid­del­vlak­sa­la­ris­se, maar moet dik­wels te­vre­de wees met on­aan­ge­na­me en oor­vol toe­stan­de. Li­ve Ea­sy is ’n puik ge­leent­heid vir huur­ders wat wil in­trek en op­be­weeg.”

Li­ve Ea­sy se vlag­skip-ont­wik­ke­ling is ge­leë in Kew, Sand­ton. Dit is na­by A­lex­an­dra. Dié om­skep­te pak­huis is in Sep­tem­ber 2016 be­kend ge­stel en die eer­ste fa­se van 136 een­he­de was reeds ’n maand voor die o­pe­nings­da­tum ver­huur.

Fa­se twee word tans ont­wik­kel en be­staan uit nog 123 na­no-een­he­de. Wan­neer die vol­le­di­ge ont­wik­ke­ling vol­tooi is, sal dit be­staan uit 500 een­he­de met by­ko­men­de leef­styl-ge­rie­we.

Li­ve Ea­sy het ’n voor­uit­be­plan­ning van ont­wik­ke­lings ter waar­de van R320 mil­joen wat vir by­kans 2 000 een­he­de voor­sie­ning sal maak. Dié eien­dom­me be­staan uit ’n kom­bi­na­sie van om­skep­te pak­hui­se, kan­to­re en re­si­den­si­ë­le eien­dom­me in Kew, Bal­four Park, Bram­ley, High­landsNoord, Nieu-Doorn­fon­tein en G­res­s­wold.

Baie werk­ge­wers, ver­al in die gas­vry­heids-en in­bel­sen­trum-be­dryf, het aan­ge­dui dat hul­le in hier­die soort ont­wik­ke­ling be­lang stel. Re­stau­rant-be­stuur­ders moet by­voor­beeld se­ker maak dat hul per­so­neel ná ure vei­lig by die huis kom en saam­ry­ge­leent­he­de na ver­skil­len­de a­re­as ko­ör­di­neer. Die aan­trek­kings­krag van Li­ve Ea­sy is dat al­le per­so­neel­le­de op die­self­de plek bly en dan pen­del of tax­i­diens­te na en van­af werk kan ge­bruik. Dit is nie net goed­ko­per nie – per­so­neel kan ook be­tyds by die werk aan­kom en laat in die nag vei­lig huis toe reis.

.

Die ge­sel­li­ge braai­ge­bied by een van Li­ve Ea­sy se ont­wik­ke­lings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.