John ‘weet pre­sies wat no­dig is’ op Lof­tus

Beeld - - Front Page - Co­bus Claas­sen

Hoe kan die Bul­le ’n ho­ë­pro­fiel­af­rig­ter soos John Mit­chell se sa­la­ris be­taal en gaan dié har­de­kwas-mees­ter­brein ver­soen­baar wees met die u­nie­ke kul­tuur by Lof­tus Vers­feld?

Dít was van die on­mid­del­li­ke vrae na­dat die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) eer­gis­ter­aand dié voor­ma­li­ge All Black-af­rig­ter in ’n ver­ras­sen­de wen­ding as sy hoof van rug­by aan­ge­wys het.

Ba­rend van Graan, die BBM se uit­voe­ren­de hoof, het ge­sê die Bul­le het soos e­ni­ge an­der maat­skap­py die sterk­ste kan­di­daat aan boord ge­bring.

“Ons is ’n maat­skap­py wat on­der ge­wel­di­ge druk is, maar ons fi­nan­si­ë­le be­plan­ning is goed en ons sal John kan be­taal.”

Mit­chell gaan in sy nuwe rol op die Bul­le se di­rek­sie dien en Van Graan het ge­skerts hy gaan van 2017 “sy eie sa­la­ris moet uit­sor­teer”.

Daar word by Lof­tus ver­tel die Bul­le het ’n groot slag ge­slaan deur Mit­chell se deug­de te be­kom.

“Hy is die bes­te kan­di­daat en is ’n mas­sie­we aan­wins vir ons. Sy CV en pres­ta­sies spreek van­self. Dit is ’n wan­op­vat­ting dat daar ’n be­hou­den­de A­fri­ka­ner­kul­tuur by die Bul­le is. Jy kan in die aan­tal swart spe­lers in ons span sien dit is al­les­be­hal­we die ge­val,” het Van Graan ge­sê.

Mit­chell het ge­sê dit “is dui­de­lik wat (by Lof­tus) moet ge­beur”.

“Ek het ge­hou van die in­te­gri­teit waar­mee ek ge­na­der is. Die Bul­le het in dui­de­li­ke ter­me aan­ge­dui wat ver­lang word en hul­le was baie eer­lik met my.

“Dit is waar­lik ’n voor­reg om by ’n trot­se u­nie soos die Bul­le aan te sluit.”

Hy het se­dert ver­le­de jaar die VSA af­ge­rig en het met dié nuwe loop­baan­be­sluit die kans om die Eag­les in 2019 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi af te rig, prys­ge­gee.

“Dit is al se­we jaar se­dert ek in Suid-A­fri­ka aan­ge­kom het en dit is my tuis­te. Ek is baie lief vir die land.

“Ek het in die ver­le­de met ver­skeie span­ne by Lof­tus be­soek af­ge­lê en het goeie en sleg­te dae er­vaar.

“Daar was nog al­tyd vir my op ’n ma­nier oor­een­koms­te tus­sen die Bul­le en Nieu-See­land­se rug­by en ek vind aan­klank daar­by. Die Bul­le was in die ver­le­de on­stuit­baar en ek is oor­tuig ons is nie ver weg van daar­die be­stand­de­le nie.

“Daar is ’n dui­de­li­ke be­hoef­te vir in­gry­ping en ver­an­de­ring en dit maak my po­si­tief.”

Mit­chell sê die Bul­le se ge­brek­ki­ge self­ver­troue is die sei­soen een van die span se groot te­kort­ko­mings.

“Rug­by gaan oor self­ver­troue en dit gaan waar­skyn­lik no­dig wees om die in­ge­steld­heid en be­na­de­ring te ver­stel. Ons sal in die Cur­rie­be­ker­reeks die bou­blok­ke in plek moet kry vir vol­gen­de jaar se Su­per­reeks.”

Mit­chell het die A­me­ri­kaan­se rug­by­ba­se be­dank dat hul­le die pro­ses met wel­wil­lend­heid han­teer het.

Nol­lis Marais, die hui­di­ge hoof­af­rig­ter, het ge­sê hy be­skou Mit­chell se koms as ’n gul­de ge­leent­heid.

“Ons dink baie die­self­de oor die spel. Ek het John ver­le­de jaar in Dur­ban be­soek en ons het lank ge­sels. Ons het sy lei­ding no­dig.”

Marais sal die span in die Cur­rie­be­ker-reeks af­rig met Mit­chell oor­hoofs in be­heer.

Fo­to: GALLO IMAGES

John Mit­chell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.