Na­dal speel teen hom­self

Beeld - - Front Page - Ma­ri­zan­ne Kok

Kom ons spaar was­poei­er en sweet en gee Ro­land Gar­ros se Mus­ke­tier­stro­fee som­mer nou al vir Ra­fa­el Na­dal.

Dis ’n be­lag­li­ke i­dee, né – maar ant­woord hier­die vraag: wie op aar­de gaan dié S­paan­se ma­ta­dor oor die vol­gen­de twee we­ke van die tien­de Fran­se O­pe­ti­tel van sy loop­baan weer­hou?

Hy het dan net ver­le­de week op sy baad­jie ge­kry teen Do­mi­nic T­hiem, hoor ek u sê. Waar’s sy au­ra van on­oor­win­lik­heid nou, hoor ek u vra.

Dis son­der ’n dui­kie, lie­we le- ser. Dit was sy vier­de ag­ter­een­vol­gen­de klei­toer­nooi, en hy het self er­ken sy lyf was gaar.

Voor daar­die ne­der­laag het die S­pan­jaard in elk ge­val reeds al drie die Eu­ro­pe­se klei­ti­tels waar­voor hy ge­speel het, ge­wen – en T­hiem in twee van daar­die eind­stry­de in skoon stel­le oor­rom­pel.

Dat T­hiem ’n won­der­li­ke Fran­se Ope kan hê, is nie te be­twis nie. Hy is nou se­wen­de op die wê­reld­rang­lys, ná hy die af­ge­lo­pe maand in drie klei-eind­stry­de ge­speel het. En al het hy al drie ver­loor, het hy ’n paar baie ont­hou­ba­re ver­to­nings ge­le­wer.

Maar as hy Na­dal in die Fran­se hoof­stad weer wil ver­slaan, sal T­hiem moet staan­de bly oor vyf stel­le – iets wat hy nog nooit ge­vra is om teen die S­pan­jaard te doen nie en wat aan­sien­lik taai­er as ’n drie­stel-se­ge sal wees.

Die 20-ja­ri­ge A­lex­an­der Z­ver­ev se naam is op al­mal se lip­pe na­dat hy Son­dag die jong­ste wen­ner van ’n Mees­ters­toer­nooi in tien jaar ge­word het.

Z­ver­ev, wat ná sy I­ta­li­aan­se suk­ses tot tien­de in die wê­reld op­ge­skuif het, en Na­dal het nog nooit teen me­kaar te staan ge­kom nie, en dis juis waar­om Z­ver­ev moei­lik be­stem­pel kan word as die ou wat die 31-ja­ri­ge Na­dal van sy troon­tjie gaan stamp.

Ja, jeug­di­ge voort­va­rend­heid en sak­ke vol ta­lent was die hoof­be­stand­de­le van Na­dal se suk­ses toe hy 14 jaar ge­le­de be­gin Mus­ke­tier­stro­feë ver­o­wer het, maar dit be­te­ken ook die S­pan­jaard weet be­ter as die mees­te an­der spe­lers wat die teen­voe­ters daar­voor is.

Z­ver­ev sal op meer as dit moet staat­maak.

Maar wat van An­dy Mur­ray en No­vak D­jo­ko­vic, hoor ek daar uit die ag­ter­ban­ke.

Die laas­te twee jaar het Na­dal op klei meer teen Mur­ray ver­loor as ge­wen, en teen D­jo­ko­vic het hy in se­we van hul laas­te agt krag­me­tings vas­ge­val.

Maar dis hier waar dit ge­vaar­lik raak om die ge­skie­de­nis as maat­staf te ge­bruik. Na­dal was in 2015 en 2016 ’n jong man in ’n ou­menslyf, ter­wyl Mur­ray en D­jo­ko­vic in die blom­tyd van hul loop­ba­ne was.

Van­jaar is din­ge heel­te­mal an­ders. Van­jaar strom­pel so­wel Mur­ray as D­jo­ko­vic van die een te­leur­stel­ling na die vol­gen­de.

Daar sal geen Ro­ger Fe­de­rer by van­jaar se Fran­se Ope wees nie, maar selfs al het hy in­ge­skryf, sou hy nie as ge­vaar­man vir Na­dal be­skou kon word nie.

Met Na­dal ge­son­der as in jare en die vuur te­rug in sy oë, is dit op­draan­de vir die res.

Fo­to REU­TERS Ra­fa­el Na­dal gaan die Fran­se Ope­ten­nis­toer­nooi as die oor­wel­di­gen­de guns­te­ling bin­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.