Ons leef in ’n wê­reld van woe­de

Jo­An­sie van Wyk.

Beeld - - Front Page - 7 ken­mer­ke van woe­de

Dit is reeds 30 jaar se­dert Le­o­nard Co­hen sy al­bum I’m Your Man in 1987 op­ge­neem het. Een van die snit­te op die al­bum, “First We Ta­ke Man­hat­tan”, ver­wys na New York en Ber­lyn.

Ge­beu­re in hier­die ste­de gryp steeds die wê­reld se ver­beel­ding aan en ont­lok e­mo­sies. Die val van die Ber­lyn­se Muur in No­vem­ber 1989 was ’n vreug­de­vol­le ge­beur­te­nis wat die ein­de van die Koue Oor­log in­ge­lui het. Meer on­langs, in Sep­tem­ber 2001, het die Al-Ka­ï­da-ge­ïn­spi­reer­de aan­val­le teen A­me­ri­ka in New York en Washing­ton vrees in­ge­boe­sem.

Hier­die vrees het ui­t­ein­de­lik na woe­de en die daar­op­vol­gen­de wê­reld­wye oor­log teen ter­reur ge­lei.

Die oor­log teen ter­reur en die spil van die bo­se ( ax­is of e­vil) blyk voort te duur. Só ook die woe­de waar­van Co­hen sing.

Woe­de is een van die se­we son­des, een van die sta­dia van die sterf­pro­ses, ’n so­si­a­le ta­boe, en word dik­wels as ’n swak­heid be­je­ën. Woe­de blyk die do­mein van God en go­de te wees.

Die By­bel ver­wys, by­voor­beeld, na die roe­de van God en na Je­sus wat sy hu­meur ver­loor het. In die G­riek­se en Ro­mein­se mi­to­lo­gie was die go­de van woe­de vroue, naam­lik Fu­r­or (die her­koms van fu­ri­ous) en Ira (die her­koms van i­ra­te).

His­to­ries kon ge­wo­ne men­se woe­de slegs on­der se­ke­re om­stan­dig­he­de toon. Die Ber­se­kers, waar­van A­fri­kaans die woord “ber­serk” ont­leen, was Vi­king­kry­gers en Ma­lei­se mans kon a­mok maak ten ein­de ’n vy­and te ver­slaan.

Die e­ti­mo­lo­gie van woe­de werp lig op die e­mo­sie. Die her­koms van die En­gel­se ver­ta­ling ( an­ger) is Noors ( an­gr) en Mid­del-En­gels en be­te­ken ver­driet en droef­heid.

In Ja­pan­nees dui die woord i­ka­ri, af­han­gen­de van die kan­ji (’n lo­go­gra­fie­se ka­rak­ter), op woe­de of an­ker. Man­da­ryns ver­wys na sheng­qi, die skep­ping van qi, of lug, a­sem en le­wen­s­e­ner­gie.

In Age of An­ger: A His­to­ry of the P­re­sent (2017) ver­dui­de­lik Pan­kaj Mishra die aard, om­vang en oor­sprong van he­den­daag­se wê­reld­wye woe­de. Vol­gens Mishra is die sel­f­ie-nar­cis­sis­me van die Isla­mi­tie­se Staat (IS) en die groep se teen­kan­ting teen die Wes­te, en die op­koms van ver­reg­se na­si­o­na­lis­me in A­me­ri­ka en Eu­ro­pa slegs en­ke­le voor­beel­de van woe­de.

Mishra re­ken dat teg­no­lo­gie, hi­per­glo­ba­li­sa­sie en tur­bo­k­a­pi­ta­lis­me die mens­dom in die steek laat, tal­le ag­ter­laat, ver­vreem en ’n teel­aar­de vir woe­de kweek. Die hoog­wa­ter­merk van hier­die woe­de is nog nie be­reik nie.

Wê­reld­wye woe­de is eg­ter nie ’n nuwe ver­skyn­sel nie. E­mo­sies soos woe­de in die wê­reld­po­li­tiek is ook nie vreemd nie. Eeue reeds ge­niet e­mo­sies die aan­dag van groot den­kers soos A­ri­sto­te­les, Se­ne­ca, Des­car­tes en F­reud. E­mo­sies in die wê­reld­po­li­tiek word ook toe­ne­mend be­stu­deer. Daar word selfs na ’n “e­mo­si­o­ne­le wen­ding” in die gees­tes­we­ten­skap­pe ver­wys.

Nuwe na­vor­sing dui daar­op dat s­ta­te as ’n ver­sa­me­ling en fil­tra­sie van in­di­vi­due en hul e­mo­sies toe­ne­mend as e­mo­si­o­ne­le ak­teurs be­skou en be­stu­deer word. Dié be­na­de­ring bied nuwe in­sig­te en word hier uit­ge­lig. Die hui­di­ge era van woe­de toon u­nie­ke ei­en­skap­pe.

word dit deur die kom­mer­si­a­li­se­ring van woe­de ge­ken­merk. An­ger­tai­n­ment blyk baie wins­ge­wend te wees. An­gry Bi­rds is ’n suk­ses­vol­le in­ter­na­si­o­na­le re­ke­naar­spe­le­tjie en fliek, en die agt­ste af­le­we­ring van die fliek The Fast and the Fu­ri­ous is reeds uit­ge­reik. Laas­ge­noem­de saam met kin­der- en vol­was­sein­kleur­boe­ke!

woe­de is ge­ïn­dus­tri­a­li­seer. Oor­log as ge­or­ga­ni­seer­de woe­de skep, deur mid­del van wa­pen­be­hoef­tes en die wa­pen­be­dryf, ge­ïn­dus­tri­a­li­seer­de woe­de. Te­wens, die wê­reld­wye wa­pen­han­del van die top-100 wa­pen­maat­skap­pye het in 2015-’16 $370,7 mil­jard be­loop.

Les bes is woe­de­be­heer een van die snels groei­en­de sa­kei­dees en het reeds ’n jaar­lik­se om­set van $16,5 mil­joen in die VSA. n Der­de ken­merk is die nar­cis­sis­tie­se ver­toon van woe­de. Ont­hoof­dings, ter­reur­aan­val­le, self­moord­bom­ont­plof­fings, pad­woe­de en gy­se­laars se plei­dooie word toe­ne­mend reg­streeks aan­lyn ver­toon en via so­si­a­le me­dia ver­sprei.

saam is ’n vier­de ken­merk die toe­na­me in a­no­nie­me woe­de deur ge­sig­lo­se teg­no­lo­gie­ver­brui­kers soos ge­wo­ne bur­gers en die so­ge­naam­de Has­ba­ra Troll Ar­my (Is­rael), i-ar­my.org (Oe­kra­ï­ne), die T­wit­ter Troops van die 77ste B­ri­ga­de (B­rit­tan­je), Ka­ka­oTalk (Suid-Ko­rea) en die AK Trolls (Tur­kye).

die voor­koms van gods­diens­ge­ïn­spi­reer­de woe­de. Voor­beel­de sluit 9/11 en die ge­drag van IS in. Se­dert 2016 pu­bli­seer IS Ru­miy­ah, ’n aan­lyn tyd­skrif in En­gels, Ara­bies, Duits, Turks, Frans, In­do­ne­sies en Uyg­hur. Ru­miy­ah ver­wys na Ro­me in ’n ha­dith van Mo­ham­med waar­in hy voorspel dat Mos­lems Ro­me sal ver­o­wer.

self­op­of­fe­ring is ’n ses­de ken­merk. Hoe­wel ka­mi­ka­ze’s en sol­da­te in diens van s­ta­te is, is self­moord­ter­ro­ris­te nie nood­wen­dig in diens van ’n staat nie, maar ver­teen­woor­dig die pri­va­ti­se­ring van woe­de. Laas­tens blyk hier­die era deur ’n spe­si­fie­ke soort di­plo­ma­sie (woe­de­di­plo­ma­sie) of ra­ge­craft (in plaas van net sta­te­craft) ge­ken­merk te word.

Dit be­hels nie net di­plo­ma­te wat sterk be­woor­de stand­pun­te kom­mu­ni­keer nie, maar ook staats­lei­ers soos Do­nald Trump, Kim Jong-oen en An­ge­la Mer­kel, ka­bi­nets­le­de en po­li­ti­ci wat hul woe­de teen land­ge­no­te en an­der s­ta­te via so­si­a­le me­dia uit­spreek.

Bo­wen­dien kom­mu­ni­keer ge­wo­ne bur­gers hul woe­de teen­oor land­ge­no­te en an­der s­ta­te soos nooit voor­heen wat óf hul staat se bui­te­land­se be­leid on­der­steun, óf be­twis.

S­ta­te re­a­geer nie net op po­li­tie­ke uit­lok­kings nie. Woe­de is dus nie net re­ak­tief nie, maar s­ta­te be­nut woe­de en die sub­tie­le of o­pen­li­ke ver­toon daar­van as ’n nut­ti­ge in­stru­ment in hul bui­te­land­se op­tre­de.

Die doel­be­wus­te skep­ping en/ of be­stuur ( spin) van ’n kli­maat van woe­de is ti­pies van ra­ge­craft. Voor­beel­de hier­van is dui­de­lik in die ver­hou­ding van C­hi­na en Ja­pan, A­me­ri­ka en Ku­ba, en die Mid­de-Oos­te en die Wes­te. ’n Ver­de­re ken­merk is die in­sti­tu­si­o­na­li­se­ring van woe­de.

Voor­beel­de van hier­die in­stel­ling ná die aan­vank­li­ke vrees van 9/11 en die daar­op­vol­gen­de woe­de sluit die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring se pa­tri­ot­wet en die tot­stand­ko­ming van die de­par­te- ment van bin­ne­land­se vei­lig­heid (DHS) in.

’n An­der voor­beeld is Noor­dKo­rea se (ge­reel­de) mi­li­tê­re pa­ra­des waar­mee die re­gi­me sy ge­bal­de vuis vir die wê­reld wys.

Woe­de is eg­ter ook waar­de­vol. In­di­vi­du­e­le of di­plo­ma­tie­ke woe­de-uit­bars­tings dui dik­wels aan wat ’n mens of ’n staat as be­lang­rik en mo­reel be­skou, en hoe hy daar­oor kom­mu­ni­keer.

Dit het dus ’n nor­ma­tie­we en kom­mu­ni­ka­tie­we e­le­ment. Re­ak­tie­we of pro­ak­tie­we woe­de kan eg­ter die ver­hou­ding tus­sen men­se en s­ta­te be­lem­mer, ver­troue skend, oor­deels­ver­moë aan­tas en tot ag­gres­sie (kon­flik en oor­log) es­ka­leer.

Kort­om: Woe­de kan boe­me­rang.

Wê­reld­wye kneg­skap aan woe­de blyk voort te duur. Die uit­da­ging is om die sin van woe­de te be­gryp.

Die ein­de van woe­de in po­li­tiek is nie in sig nie. So ook nie die po­li­tiek van woe­de nie. ) Jo­An­sie van Wyk is ’n hoog­le­raar in po­li­tie­ke we­ten­skap aan die U­ni­ver­si­teit van Suid­A­fri­ka. Die stuk is ge­grond op haar in­tree­re­de “The age of an­ger: an­gry sta­tes and e­mo­ti­ons in con­tem­po­ra­ry in­ter­na­ti­o­nal re­la­ti­ons”, wat sy die af­ge­lo­pe week ge­le­wer het.

Fo­to: REU­TERS

’n Vrou van Irak en haar kind wat ha­we­loos is ná ge­veg­te teen die Isla­mi­tie­se Staat in Mo­soel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.