Drie vas ná stu­dent se wurg­dood

Hy spring oor muur om te ont­vlug

Beeld - - Front Page - El­sa­bé B­rits en May­ge­ne de Wee

‘As ek nie oor die muur ge­spring het nie, was ek dood,” het ’n be­bloe­de stu­dent wat saam met ’n vrien­din in ’n mo­tor was wat in S­tel­len­bosch ge­kaap is, ge­sê aan die eg­paar by wie hy om hulp aan­ge­klop het.

Die lyk van sy vrien­din, Han­nah Cor­ne­li­us (21), ’n BA­stu­dent in haar twee­de jaar aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US), is Sa­ter­dag­og­gend na­by ’n plaas langs die K­nor­hoek­pad bui­te S­tel­len­bosch ge­vind.

Sy is ver­moe­de­lik met ’n skerp voor­werp ge­steek voor­dat sy dood­ge­wurg is, sê ’n in­ge­lig­te.

Cor­ne­li­us en die man­stu­dent, wie se naam nog on­be­kend is, het Sa­ter­dag tus­sen 03:00 en 06:00 voor ’n woon­stel­blok in Bi­rd­straat, S­tel­len­bosch, in ’n blou Golf ge­sit en ge­sels toe hulle oor­val en die mo­tor ge­kaap is.

A­ver­al For­tuin en sy vrou, Mar­ga­ret, van Ber­na­di­no Heig­hts, Kraai­fon­tein, het om­streeks 08:00 ’n drin­gen­de klop aan hul ag­ter­deur ge­hoor.

“Hy (die man­stu­dent) het kaal­voet daar ge­staan en was vol bloed. Dit het ge­lyk of hy sleg ge­slaan is. Ek het eers ge­dink dit was ’n ge­veg in die veld agter die huis,” het For­tuin gis­ter ge­sê. Die jong man met don- ker krul­ha­re het ’n je­an en rug­by­trui aan­ge­had en ge­sê: “Ek wil my sto­rie ver­tel.”

For­tuin was op pad om om die huis te stap om die jong man in te laat om­dat die hond hom vas­ge­keer het toe po­li­sie­le­de daar ver­by ry. Hy en sy vrou het die po­li­sie voor­ge­keer.

For­tuin sê die man was “heel­te­mal ge­dis­o­ri­ën­teerd en het nie ge­weet waar hy was nie”.

Hulle het nie ver­der met hom ge­praat nie en weet nie wat sy naam is nie.

Die po­li­sie het ’n klomp goed in die veld agter die huis ge­kry en foto’s ge­neem, sê hy.

Vol­gens ’n bron na aan die on­der­soek het vier mans Cor­ne­li­us en haar vriend ge­na­der. ’n Man met ’n skroe­we­draai­er het die pas­sa­siers­deur agter die be­stuur­der oop­ge­maak en Cor­ne­li­us ge­dwing om na die ag­ter­sit­plek te skuif.

Nog drie mans het by­ge­kom en Cor­ne­li­us se vriend is in die kat­te­bak toe­ge­sluit.

Die stu­den­te is van al hul be­sit­tings be­roof.

Die ge­wa­pen­de ka­pers het toe in ’n sta­di­um Kraai­fon­tein toe ge­ry. Hulle het die vriend met bak­ste­ne teen die kop ge­gooi, sê ’n in­ge­lig­te.

Die ka­pers het Cor­ne­li­us ver­moe­de­lik ie­wers op die K­nor­hoek­pad ver­skeie ke­re ge­steek en toe ver­wurg. Haar lyk is om­streeks 08:30 langs die K­nor­hoek­pad ge­vind, het die po­li­sie gis­ter­og­gend be­ves­tig.

Die po­li­sie het twee van die ver­meen­de moor­de­naars Sa­ter­dag om­streeks 11:00 ná ’n jaag­tog na­by die plaas Dwars-in-die­weg in De­von­val­lei, S­tel­len­bosch, in heg­te­nis ge­neem. Na ver­neem word, was hulle met die ge­kaap­te mo­tor be­trok­ke by ’n roof­tog in Nort­hpi­ne.

Elsha Hen­der­son, pri­ma­ria van die I­re­ne-kos­huis, waar Cor­ne­li­us ge­woon het, sê wets­toe­pas­sers het Sa­ter­dag by haar vrien­de in die kos­huis kom hoor wat sy aan­ge­had het.

“Ons is ver­slae . . . Sy was een van daar­die men­se wat al­tyd ’n glim­lag vir al­mal ge­had het,” sê Hen­der­son.

Cor­ne­li­us is van S­car­borough, na­by Si­mon­stad. Sy was die dog­ter van Wil­lem Cor­ne­li­us, die hoof­land­dros van Si­mon­stad.

Sy vrou, An­na, is ’n be­ken­de pro­ku­reur in Kaap­se regs­krin­ge.

An­dries Cor­ne­li­us, Han­nah se oom, het in ’n ver­kla­ring ge­sê die fa­mi­lie be­dank men­se vir hul on­der­steu­ning en dit is ’n ge­tuig­skrif vir die “won­der­li­ke, liefdevolle en prag­ti­ge mens wat Han­nah was”.

Prof. Wim de Vil­liers, rek­tor van die US, het ge­sê die kam­pus­ge­meen­skap “is ge­skok deur hier­die sin­lo­se daad”.

Die po­li­sie het gis­ter be­ves­tig drie mans is in heg­te­nis ge­neem.

Sers. No­loyi­so R­wex­a­na, ’n po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê hulle word voor­lo­pig aan­ge­kla van ka­ping, po­ging tot moord en moord. Twee van hulle is in die 30. Hulle ver­skyn van­dag in die land­dros­hof op S­tel­len­bosch.

Beeld het ver­trou­lik ver­neem ’n vier­de man word nog ge­soek.

Han­nah Cor­ne­li­us (21), ’n Ma­tie, is ná ’n ka­ping ver­moor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.