Woe­den­de Zu­ma waar­sku: ‘Hou nou op!’

Beeld - - Front Page - Sa­rel van der Walt en News24

’n Woe­den­de p­res. Ja­cob Zu­ma het gis­ter sy kri­ti­ci in die ANC ge­waar­sku om hom “nie te ver te dryf nie”.

Zu­ma het die par­ty se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) se ver­ga­de­ring by I­re­ne, na­by P­re­to­ria, toe­ge­spreek na­dat hy ’n twee­de wan­trou­e­mo­sie oor­leef het.

Die NUK het die mo­sie twee dae lank be­spreek.

Dit het gis­ter­aand laat ten ein­de ge­loop.

“Hy was baie kwaad. Ek het hom nog nooit so kwaad ge­sien nie,” het ’n in­ge­lig­te ge­sê.

Die in­ge­lig­te het by­ge­voeg dat Zu­ma ANC-le­de in sy af­slui­tings­toe­spraak aan­ge­sê het om hom nie meer in die o­pen­baar te kri­ti­seer nie aan­ge­sien hy nie meer sal stil­bly nie.

“Ek het stil­ge­bly om­dat ek nie die ANC wou be­na­deel nie, maar hou aan om my in die me­dia aan te val en julle sal sien,” het hy ge­sê.

Zu­ma het die NUK ge­waar­sku dat dit die laas­te mo­sie van wan­troue teen hom moet wees.

Hy het ge­sê hy ver­staan nie die aan­drang daar­op dat hy sy pos ver­laat nie, aan­ge­sien hy nie in De­sem­ber weer ’n kan­di­daat vir ANC-lei­er sal wees nie.

Zu­ma het ook die ANC in Gau­teng aan­ge­val na­dat hulle die skuld op hom ge­pak het dat die par­ty se­ke­re ver­lie­se in die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing ver­le­de jaar ge­ly het.

Hy het hulle daar­aan her­in­ner dat hulle ge­wei­er het om T-hem­de met sy ge­sig op te ver­sprei.

Hy het ge­sê hy weet wie is agter ’n be­weer­de sameswering in 2014 om hom te ver­gif­tig, maar dat hy ter wil­le van die ANC stil­bly.

Die mo­sie van wan­troue is Sa­ter­dag deur die ANC-be­leids­ghoe­roe Joel Nets­hi­ten­z­he in­ge­dien. Dit was die twee­de keer in se­we maan­de dat ’n moont­li­ke NUK-mo­sie van wan­troue die p­re­si­dent in die ge­sig ge­staar het.

Die vo­ri­ge keer was in No­vem­ber ver­le­de jaar toe De­rek Ha­ne­kom, toe nog mi­nis­ter van toe­ris­me, nie kon slaag met sy po­ging om ’n mo­sie van wan­troue in Zu­ma te laat be­spreek nie.

Die po­li­tie­ke ont­le­der T­heo Venter het vroe­ër ge­sê sy in­lig­ting is dat die an­ti-Zu­ma-kamp vol ver­troue was dat as daar ’n stem­ming sou wees, hulle ge­noeg stem­me sou hê om van Zu­ma ont­slae te raak.

Tog was hulle bang die sum­mie­re ver­wy­de­ring van Zu­ma sou die ANC ook groot ska­de be­rok­ken.

Die mo­sie om Zu­ma te ver­wy­der was nie op die aan­vank­li­ke sa­ke­lys nie, het G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, Sa­ter­dag ge­sê.

Beeld ver­staan die pro-Zu­m­a­fak­sie in die NUK het ’n stok­kie voor Zu­ma se teen­stan­ders se plan­ne ge­steek deur hulle daar­op te wys dat die NUK deur kon­sen­sus be­slui­te neem, en nie by wy­se van stem­me nie.

’n In­ge­lig­te het News24 ge­sê Nets­hi­ten­z­he het aan­ge­voer die saak teen Zu­ma het ver­er­ger se­dert Ha­ne­kom ge­vra het dat hy be­dank.

“Hy het al die din­ge ge­noem waar­van ons lees en hoor: Die ka­bi­net­s­kom­me­ling, die af­gra­de­ring (tot rom­mel­sta­tus), die ver­slae oor staat­skaping . . . die klomp pro­ble­me wat al­les met Zu­ma ver­bind word,” het die bron ge­sê.

Nets­hi­ten­z­he is glo on­der­steun deur on­der an­de­re dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, sy ad­junk, dr. Joe P­haahla, Ha­ne­kom en Sue van der Merwe, ’n voor­ma­li­ge ad­junk­mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king.

Die Sun­day Ti­mes het be­rig Keb­by Map­hat­soe, voor­sit­ter van die ANC se MK-ve­te­ra­ne, het vir Zu­ma in die bres ge­tree. ) Die ANC hou van­dag om 14:00 in Lut­hu­li-huis in Jo­han­nes­burg ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie oor die NUK-ver­ga­de­ring. )

Foto: SA­REL VAN DER WALT

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies (links), en Joel Nets­hi­ten­z­he, ANC­be­leids­ghoe­roe, ge­sels Sa­ter­dag­og­gend in I­re­ne bui­te P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.