‘Dis net reg om ons ge­val­le sol­da­te te eer’

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

“In vre­des­tyd be­gra­we seuns hul va­ders; in ’n tyd van oor­log be­gra­we va­ders hul seuns. En dit is die tra­ge­die van oor­log.”

B­rig.genl. (afg.) ds. Ma­ri­us Cor­ne­lis­sen het gis­ter­og­gend die G­riek­se ge­skied­skry­wer He­ro­do­tus aan­ge­haal toe hy die Raad vir Mi­li­tê­re Ve­te­ra­ne-or­ga­ni­sa­sies (RMVO) se jaar­lik­se ge­denk­diens ge­lei het.

In dié diens op die er­fe­nis­ter­rein by die Voor­trek­ker­mo­nu­ment in P­re­to­ria het naas­be­staan­des van ge­stor­we sol­da­te en hoog­ge­plaas­tes in die weer­mag hul­de ge­bring aan al­le sol­da­te wat in diens van SuidA­fri­ka ge­sterf het.

“Dit sal on­van­pas en wreed wees om nie ’n p­lek te skep waar naas­be­staan­des van ge­stor­we sol­da­te hul eer kan be­toon en hul dank­baar­heid kan wys vir die diens wat dié sol­da­te ge­le­wer het nie,” het oud­genl. Georg Mei­ring (77), ’n voor­ma­li­ge hoof van die weer­mag, voor die diens ge­sê.

“Men­se, baie nie uit vrye wil nie, het die re­ge­ring se be­vel om die staat te ver­de­dig uit­ge­voer. Hulle het met oor­ga­we diens ge­doen en al­les ge­gee. Dit is net reg om hul na­ge­dag­te­nis te eer.”

Die oud­weer­mag­hoof genl. Con­stand Vil­joen en hoog­ge­plaas­tes van die weer­mag­te van die VSA, Ar­gen­ti­nië, Frank­ryk, Duitsland, Ja­pan, Suid-Ko­rea en Le­so­tho het die ver­rig­tin­ge ook by­ge­woon.

Die Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag se Muur van Herinnering is op 25 Ok­to­ber 2009 in­ge­wy.

Se­dert­dien word daar jaar­liks ’n her­den­kings­diens ge­hou, sê genl.maj. (afg.) Gert Op­per­man.

By dié diens­te word daar oor mooi en swaar her­in­ne­rin­ge ge­praat, sê hy.

“Ons moet die ge­skie­de­nis aan ons kin­ders ver­tel, want as ons weet wat­ter op­of­fe­rin­ge in die ver­le­de ge­maak is, is dit so­veel mak­li­ker om die toekoms te s­tuur,” het hy ge­sê.

Ver­skeie mo­nu­men­te is oor die land heen en selfs in die bui­te­land op­ge­rig om ge­stor­we Suid-A­fri­kaan­se sol­da­te te ver­eer.

Die jong­ste is ’n her­den­kings­kruis wat ge­maak is van die wrak­stuk­ke van ’n bom­wer­per wat in 2002 in Ke­nia ge­vind is. Dis van ’n lug­mag­vlieg­tuig wat op 23 Ju­lie 1942 in ’n berg vas­ge­vlieg het. Al vier Suid-A­fri­kaan­se be­man­nings­le­de is op slag dood.

Foto’s: LISA HNATOWICZ

Vier Har­vard­vlieg­tuie het oor die Voor­trek­ker­mo­nu­ment in P­re­to­ria ge­vlieg as deel van die ge­denk­diens.

Oud­genl. Con­stand Vil­joen het ook die diens by­ge­woon.

Oud­genl. Georg Mei­ring gis­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.