Ont­hul­lings ‘is fop­nuus’

‘Lek­ka­sie moes NUK be­ïn­vloed’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Dit is nóg ’n voor­beeld van fop­nuus, sê die pro­ku­reur Gert van der Merwe oor die erns­ti­ge be­we­rin­ge teen sy kli­ën­te die Gup­tas wat gis­ter in Son­dag­koe­ran­te ge­maak is.

Sun­day Ti­mes be­rig hy het ver­doe­men­de e-pos­bood­skap­pe on­der oë ge­had wat wys hoe groot die rol is wat die fa­mi­lie in die be­stuur van die land speel.

City Press het be­rig dit lyk uit kor­re­spon­den­sie tus­sen die Gup­tas en hul werk­ne­mers of p­res. Ja­cob Zu­ma dit oor­weeg om die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te (VAE) sy fa­mi­lie se “twee­de tuis­te” te maak.

Van der Merwe sê in ’n ver­kla­ring na­mens die Gup­tas die be­rig­te is ge­grond op “on­be­ken­de do­ku­men­te” en dat “aan­na­mes van on­be­hoor­lik­heid” ge­maak word.

Die dui­de­li­ke be­doe­ling is om po­li­tie­ke op­vat­tings te be­ïn­vloed wat nog ’n voor­beeld van fop­nuus is, sê hy.

Van der Merwe het die koe­ran­te wat die ont­hul­lings maak, ge­nooi om hul do­ku­men­te en die bron­ne waar­uit hulle hul in­lig­ting ge­kry het aan sy kli­ën­te voor te lê vir “oor­we­ging en moont­li­ke kom­men­taar”.

Wan­neer sy kli­ënt die do­ku­men­te be­stu­deer en ge­ve­ri­fi­eer het, sal hulle kom­men­taar kan le­wer.

“Die fa­mi­lie ont­ken dat hulle iets ver­keerds ge­doen of e­ni­ge be­drae aan mi­nis­ters of die p­re­si­dent be­taal het. Die fa­mi­lie be­hou hul reg­te,” lui die ver­kla­ring.

Die Sun­day Ti­mes be­rig on­der meer hy het e-pos­bood­skap­pe ge­sien wat wys dat Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, se CV aan die Gup­tas ge­stuur is ’n maand voor­dat hy as mi­nis­ter aan­ge­stel is en dat die Gup­tas: ) In­ge­meng het om die mag­te van Faith Mut­ham­bi, wat toe mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie was, te ver­sterk. ’n P­re­si­den­si­ë­le pro­kla­ma­sie waar­in Mut­ham­bi se mag­te uit­een­ge­sit is, is glo eers aan hulle ge­stuur voor­dat Zu­ma dit on­der­te­ken het; ) Ver­trou­li­ke in­lig­ting van Mut­ham­bi oor ka­bi­nets­ver­ga­de­rings ont­vang het; ) Be­taal het vir Des van Rooyen, nou mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, se be­soek aan Du­bai ná sy aan­stel­ling in die ka­bi­net in De­sem­ber 2015; ) Ge­re­ël het dat Dan Mantsha, voor­sit­ter van De­nel se di­rek­sie, in Du­bai rond­ge­neem word; ) Be­taal het vir ’n luuk­se ho­tel­ka­mer vir Mats­he­la Ko­ko, wat daar­na aan­ge­stel is as waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom; ) Na­zeem Ho­wa, hul maat­skap­py se uit­voe­ren­de hoof, aan­te­ke­nin­ge laat maak het vir Col­len Mai­ne, p­re­si­dent van die ANC-jeug­li­ga, waar­in hy ge­ad­vi­seer word oor hoe om te re­a­geer op me­di­a­vrae; en ) Se per­so­neel Z­wa­ne op­ge­lei het in hoe om me­di­a­kon­fe­ren­sies te han­teer, in­slui­tend hoe om vrae oor sy ver­hou­ding met die Gup­tas te han­teer. Hy is met ’n Gup­ta­vlieg­tuig na Du­bai ge­bring waar hulle vir sy ver­blyf be­taal het.

City Press het be­rig on­der die e-pos­bood­skap­pe is ’n kon­sep­brief van Zu­ma aan die kroon­prins van die VAE. Dit vorm deel van e-pos wat Sa­ha­ra Com­pu­ters se uit­voe­ren­de hoof, As­hu C­ha­wla, aan Zu­ma se seun Du­du­za­ne ge­stuur het.

City Press sê hy kon nie vas­stel of dié b­rief ooit aan die kroon­prins ge­stuur is nie.

Van der Merwe het aan News24 ge­sê dit lyk of die e-pos­bood­skap­pe aan die koe­ran­te uit­ge­lap is om die ver­ga­de­ring van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) in I­re­ne te be­ïn­vloed.

Die fa­mi­lie ont­ken dat hulle iets ver­keerds ge­doen of e­ni­ge be­drae aan mi­nis­ters of die p­re­si­dent be­taal het. Die fa­mi­lie be­hou hul reg­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.