DA wil stap­pe doen oor ‘mis­da­di­ge skim­staat’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, sê die DA sal moont­lik reg­stap­pe doen teen p­res. Ja­cob Zu­ma, die Gup­ta-fa­mi­lie en al­mal wie se op­tre­de ge­lei het tot die moont­li­ke on­der­my­ning van die staat.

Met ver­wy­sing na die ont­hul­lings gis­ter in Son­dag­koe­ran­te oor die be­weer­de sterk in­vloed wat die Gup­ta­fa­mi­lie op die re­ge­ring en die staat het, sê hy daar is nou kon­kre­te be­wy­se vir wat Suid-A­fri­ka­ners al ge­rui­me tyd weet: “Die ANC het ’n ‘mis­da­di­ge skim­staat’ in Suid-A­fri­ka on­der lei­ding van die Gup­tas en die Zu­mas ge­skep, on­der­steun en geborg.”

Die be­rig­te ont­hul vol­gens die DA­lei­er ge­skre­we be­wy­se in die vorm van ver­skeie e-pos­bood­skap­pe wat be­ves­tig dat die Gup­tas Suid-A­fri­ka ge­kaap het.

Mai­ma­ne sê ver­skeie mi­nis­ters, staats­de­par­te­men­te, staat­sen­ti­tei­te en staats­amp­te­na­re het Suid-A­fri­ka stel­sel­ma­tig uit­ver­koop aan ’n klein kliek van kon­ke­laars wat om net een re­de in die land is – om die hulp­bron­ne te buit om hul­self te ver­ryk.

“Dit moet al­mal kwaad maak wat on­reg haat en om­gee vir die land se toekoms.”

Die DA het gis­ter reeds met sy pro­ku­reurs ver­ga­der oor moont­li­ke regs­op­tre­de “teen Zu­ma, die Gup­ta­fa­mi­lie, mi­nis­ters wat be­trek word, staats­amp­te­na­re, uit­voe­ren­de hoof­de en di­rek­sie­le­de van staatsmaat­skap­pye, so­wel as in­di­vi­due wie se op­tre­de die staat on­der­myn het”.

Mai­ma­ne sê daar is baie erns­ti­ge klag­te uit te maak wat groot­skeep­se kor­rup­sie, die on­der­my­ning van die staat se soe­we­rei­ni­teit en ver­skeie sta­tu­tê­re oor­tre­dings, soos die uit­lap van ge­klas­si­fi­seer­de in­lig­ting en die on­be­hoor­li­ke be­ïn­vloe­ding in die toe­ken­ning van staats­kon­trak­te, in­sluit.

Mai­ma­ne sê dit het in die be­rig­te ook dui­de­lik na vo­re ge­kom dat Zu­ma met die hulp van die Gup­tas ’n plan be­raam om na Du­bai te ver­huis “na­dat hy die land se laas­te sent ge­plun­der het”.

Die ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek wat adv. T­hu­li Ma­don­se­la, die vo­ri­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, ver­le­de jaar in haar staat­skapings­ver­slag voor­ge­stel het, moet so gou moont­lik op die been ge­bring word.

Dié kom­mis­sie moet die kwes­sie on­der­soek en se­ker maak dat die kor­rup­sie van “on­ge­ken­de skaal eens en vir al­tyd stop­ge­sit word”.

Dit is nou baie dui­de­lik hoe­kom Zu­ma nie Ma­don­se­la se aan­be­ve­lings wil aan­vaar nie, sê Mai­ma­ne.

Die ANC moet as ge­heel ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir wat ge­beur het.

Foto: CORNÉL VAN HEER­DEN

M­mu­si Mai­ma­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.