Ná tog het sy blaas op net 1 toon

Wil­mien voel baie goed, sê sus­ter

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Toe Wil­mien van der Merwe (35) die berg E­ve­rest se piek be­reik, het sy ook ge­dink aan ’n skool­vrien­din wat vroeg ver­le­de week weens kan­ker dood is.

Kort na­dat Van der Merwe Don­der­dag­og­gend die vier­de Suid-A­fri­kaan­se vrou ge­word het wat die hoog­ste berg­piek ter wê­reld be­styg, het sy in ’n W­hat­sApp-bood­skap aan haar fa­mi­lie ge­skryf: “25 Mei 2017 4:30 ge-sum­mit! Wat ek is, is net ge­na­de . . . wat ek het, net ge­leen. So jam­mer oor Chris­na . . . tog so bly, want nou sien sy ’n uit­sig nog mooi­er as die een op 8 848 m.”

Chris­na Els en Van der Merwe was saam op skool in Zeerust, Noord­wes.

Van der Merwe se sus­ter, Ja­ni­tha, sê haar fa­mi­lie en vrien­de sal haar in­wag wan­neer sy na ver­wag­ting Vry­dag op die O.R. Tam­bo-lug­ha­we in Jo­han­nes­burg land. “Ons sal dan ê­rens iets gaan eet om haar pres­ta­sie te vier.”

Vol­gens Ja­ni­tha be­plan Van der Merwe om van­dag van E­ve­rest se ba­sis­kamp na die dor­pie Loek­la te stap. Sy sal van die lug­ha­we daar na Kat­man­doe vlieg en dan na Suid-A­fri­ka.

Ja­ni­tha sê haar diep ge­lo­wi­ge ou­er sus­ter het ná haar se­ge­tog aan haar fa­mi­lie ge­sê die “lie­we Va­der” het haar “be­derf”.

“Sy het se­ker­lik be­doel fi­siek, e­mo­si­o­neel en in ter­me van die weers­om­stan­dig­he­de. Wil­mien het net ’n blaas op een toon en sê sy hoef nie eens ’n hand­vol pyn­pil­le vir hoof­pyn te ge- bruik het nie.

“Sy is ook ver­baas om­dat sy nie so baie ge­wig ver­loor het soos wat sy ver­wag het nie. Wil­mien voel baie goed en sê sy kon net so­wel in die ber­ge by Zeerust ge­wees het.

“Haar keel is ’n bie­tjie seer en sy het ’n ef­fen­sie hoe­sie, maar dis weens die ver­an­de­ring in suur­stof­vlak­ke in die lug van die piek na die la­er­lig­gen­de de­le.”

Ja­ni­tha glo Van der Merwe se deur­set­tings­ver­moë, har­de oe­fe­ning, ge­loof, ne­de­rig­heid en die on­der­steu­ning van haar fa­mi­lie en vrien­de het haar in staat ge­stel om die piek te be­reik.

“Sy het el­ke dag ge­oe­fen, soms tot 18 uur aan­een, ter voor­be­rei­ding van die laas­te ent na die piek.”

Op E­ve­rest moet klim­mers tem­pe­ra­tu­re van tot -30 ° C en sterk win­de trot­seer.

Van der Merwe is ’n es­kplo­ra­sie­ge­o­loog van Post­mas­burg in die Noord-Kaap. Ja­ni­tha sê van hul vier kin­ders is sy be­slis die a­von­tuur­lus­tig­ste.

Hul ou­ers, Het­tie en Ma­nie van der Merwe, woon op Zeerust.

Wil­mien van der Merwe op die piek van E­ve­rest waar die suur­stof­vlak baie laag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.