The Voi­ce: Ten­der en Josh is vei­lig

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Josh Ans­ley met ’n “wê­reld­klas-stem” en Ten­der Ma­vund­la met ’n ver­to­ning wat “aan die brand was” het gis­ter­aand hul plek­ke oop­ge­sing om die laas­te twee van agt fi­na­lis­te te word in The Voi­ce SA.

Bob­by van Jaars­veld en Li­ra was die af­rig­ters wat nog moes kies wie hulle na die laas­te agt deur­stuur.

Ma­vund­la, van Li­ra se span, het die ge­hoor be­koor met haar weer­ga­we van C­ree­den­ce C­le­ar­wa­ter Re­vi­val se “Proud Ma­ry”.

Die af­rig­ter Kahn Mor­bee het Ma­vund­la ge­prys vir haar di­na­mie­se aan­slag in dié lied­jie.

“Jy’t be­gin met soul en jazz en ge­ëin­dig met ’n wil­de rock’n-roll-aan­slag. Daar­die op­tre­de en om­trent al­le mu­si­ka­le sty­le be­vat,” het Mor­bee ge­sê in die twee­de reg­streek­se episode van dié werk­lik­heids­reeks.

Li­ra het ge­sê Ma­vund­la was aan die brand. “Jy het die ver­hoog jou­ne ge­maak en om­dat jy dit nog die he­le reeks deur doen, kies ek jou om deur te gaan na die laas­te agt,” het Li­ra ge­sê.

Van Jaars­veld het die er­va­re Ans­ley ge­kies om di­rek deur te gaan na die laas­te agt.

Ans­ley het ’n vuur­warm weer­ga­we van die be­ken­de rock­lied­jie “Eye of the Ti­ger” deur Sur­vi­vor ge­sing.

Die af­rig­ter Ka­ren Zoid het Ans­ley se stem as wê­reld­klas be­skryf. “Min men­se kan ’n ge­hoor so op­beur soos jy met jou lied­jie ge­doen het. Jy was aan die brand,” het Zoid ge­sê.

Van Jaars­veld het ge­sê Ans­ley is ge­bo­re om voor ’n ge­hoor op te tree en het hom daar­om ge­kies.

“Ek weet nie van veel mu­si­kan­te wat die ge­hoor so vin­nig op hul voe­te sal kan kry nie. Die wê­reld moet jou stem be­slis hoor,” het Van Jaars­veld ge­sê.

Be­ne­wens Ma­vund­la en Ans­ley is Craig Lu­cas, van Mor­bee se span, en PJ P­re­to­ri­us, van Zoid se span, ver­se­ker van hul plek­ke na­dat die pu­bliek kon stem wie na die fi­na­le agt deur­gaan.

Hulle het aan­ge­sluit by Fat­man Br­üm­mer en Sa­man­tha Le­o­nard, wat ver­le­de week deur die af­rig­ters ge­kies is.

Ky­kers kan vir hul guns­te­ling uit Li­ra en Van Jaars­veld se span op apps soos WeC­hat en per SMS stem. Die uit­slae van die stem­me sal in vol­gen­de week se reg­streek­se episode be­kend ge­maak word.

Foto’s: SI­MON SON­NE­KUS

Josh Ans­ley, wat Bob­by van Jaars­veld se keu­se is vir ’n p­lek in die fi­na­le agt.

Ten­der Ma­vund­la, wat ge­kies is as een van die laas­te agt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.