‘Bi­kers’ dok R50 000 op vir dran­kie

Beeld - - Nuus - – An­dré Da­mons

’n Groep baie dors bi­kers van Bloem­fon­tein het Sa­ter­dag­aand op ’n man­ne-aand R50 000 vir ’n dub­bel­bran­de­wyn-en-Co­ke be­taal en daar­mee die vo­ri­ge re­kord­prys vir so ’n dran­kie met R20 000 ver­be­ter.

Die man­ne-aand, ’n jaar­lik­se ge­beur­te­nis, is by die Let­tie Fou­ché-skool vir ver­stan­de­lik ge­strem­de kin­ders be­taal.

Die vo­ri­ge re­kord­prys vir ’n dub­bel­bran­nas-en-Co­ke was R30 000, ook op ’n man­ne-aand, maar by ’n ander skool in Bloem­fon­tein.

Da­wie Hugo, die skool­hoof, het gis­ter­og­gend trots ge­sê Let­tie Fou­ché het die re­kord oor­spronk­lik 22 jaar ge­le­de op­ge­stel en dit is nou te­rug by sy skool.

Vol­gens hom het man­ne van ’n Har­ley-Da­vid­son-mo­tor­fiets­klub Sa­ter­dag­aand “met ’n glim­lag” dié groot be­drag vir die dran­kie op­ge­dok. Hy wou nie sê wie hulle is nie.

Die dub­bel­bran­de­wyn-enCo­ke-vei­ling is deel van ’n nie­amp­te­li­ke bran­de­wyn­kom­pe­ti­sie tus­sen die man­ne-aan­de van Let­tie Fou­ché en ’n ander Bloem­fon­tein­se skool.

Hugo wou nie sê wat­ter skool dit is nie, “want ek wil nie hê dit moet lyk of ek sleg praat van hulle nie”. Beeld ver­neem eg­ter dis waar­skyn­lik die Ho­ër­skool P­re­si­dent S­teyn.

Hugo sê die bi­kers on­der­steun hulle al­tyd. Vol­gens hom is ’n hand­ge­maak­te les­se­naar en ’n krie­ket­kolf van die Pro­tea-kap­tein AB de Vil­liers vir on­der­skei­de­lik R30 000 en R26 000 op­ge­veil. ’n Jag­pak­ket het die groot­ste be­drag van die aand, R90 000, be­haal. Vol­gens Hugo is dit te gou om te weet hoe­veel geld in­ge­sa­mel is, maar hulle vor­der nooit min­der as R500 000 in nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.