‘Bly oor kans om weer te pro­beer’

Beeld - - Nuus -

Sa­ray K­hu­ma­lo (45), die Jo­han­nes­bur­ger wat Don­der­dag per he­li­kop­ter van E­ve­rest ge­red moes word, sterk steeds goed aan in ’n hos­pi­taal in Kat­man­doe.

Sy word vir vries­brand en ’n ge­sig­be­se­ring be­han­del.

K­hu­ma­lo, wat met haar stap­tog­te geld in­sa­mel vir bi­bli­o­te­ke vir min­der­be­voor­reg­te kin­ders, het Sa­ter­dag op haar Fa­ce­book­blad ge­skryf:

“Van kamp 4 af na die berg het dit op een p­lek ge­voel of ek langs die maan en ster­re loop, na­by ge­noeg om daar­aan te raak. Die sons­op­koms agter die wol­ke was iets wat ek nog nooit in A­fri­ka be­leef het nie. Die wind het soos deur pa­pier teen my en my sjer­pa ge­waai. Ys het op my bril ge­vorm . . . ons het be­sluit om om te draai.”

K­hu­ma­lo skryf sy is nie hart­seer of kwaad oor haar be­se­rings of dat sy haar po­ging moes laat vaar om die eer­ste swart vrou van A­fri­ka te word wat E­ve­rest se piek be­reik nie.

“Ek is te­leur­ge­steld, maar bly dat ek die kans kry om een­dag weer te pro­beer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.