Beur­sies gaan oop ná bot­sing

Men­se skenk oor hy ander al­tyd help

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Foto’s: FA­CE­BOOK “Waar is my bakkie?”

Dis die eer­ste ding wat die erns­tig be­seer­de Frans Hugo (38) van Ottosdal wou weet na­dat hy Sa­ter­dag wak­ker ge­word het uit sy ver­do­wing.

Gis­ter wou hy weet waar sy hon­de is en of hulle kos het, ver­tel Jen­ny van Vuur­en, ’n vrien­din van die Hugo-gesin.

S­ken­kings stroom steeds in se­dert die Sa­ma­ri­taan Dins­dag erns­tig be­seer is toe sy bakkie na­by Ottosdal teen ’n vrag­mo­tor ge­bots het.

So­wat R325 000 is al ge­skenk om vir sy be­han­de­ling in die Wil­med Park- pri­va­te hos­pi­taal in K­lerks­dorp te be­taal.

Har­te en beur­sies oor die land heen en selfs oor­see het oop­ge­gaan na­dat die nuus oor sy on­ge­luk op ver­al W­hat­sApp-groe­pe ver­sprei het.

Hugo her­stel wind­pom­pe en sy in­kom­ste is nie groot ge­noeg om ’n me­die­se fonds te kan be­kos­tig nie.

“Frans help ander al­tyd ten kos­te van hom­self,” sê Van Vuur­en.

“Hy het in 2015 ’n nood­lynW­hat­sApp-groep vir die Ottosdal-om­ge­wing ge­skep. Dit het nou so ge­groei dat ons drie groe­pe het. Frans is al­tyd eer­ste daar om te help – of dit nou by ’n mis­daad­to­neel, ’n on­ge­luk, bran­de of vee­dief­stal is. Heel­wat gesteelde ska­pe is al danksy hom te­rug­ge­vind.”

Ie­mand het Dins­dag op die on­ge­luks­to­neel al R3 000 kon­tant aan die am­bu­lans­man ge­gee so- Frans Hugo se bakkie na­dat dit na­by Ottosdal on­der ’n vrag­mo­tor be­land het. Hy het die woor­de “Ge­skenk deur God” en teks­ver­se daar­op aan­ge­bring na­dat ie­mand die bakkie aan hom ge­skenk het. dat hulle Hugo na ’n pri­va­te hos­pi­taal kon neem. Teen 12:15 is nóg R100 000 ont­vang.

Hugo het reeds ’n o­pe­ra­sie aan sy ge­breek­te lin­ker­arm on­der­gaan en ’n toe­stel is in sy brein ge­plaas om die bloe­ding en swel­ling te meet.

Hugo het ook in­wen­di­ge be­se­rings op­ge­doen, van sy rib­be is ge­kraak en sy sleu­tel­been is ge­breek.

Sy toe­stand het in­tus­sen so­veel ver­be­ter dat dok­ters Sa­ter­dag op­ge­hou het om hom te ver­doof.

“Frans het Sa­ter­dag­aand wak­ker ge­word en is baie rus­tig,” sê Van Vuur­en.

“Ver­pleeg­sters kon ’n ge­sprek met hom voer en ver­dui­de­lik wat ge­beur het. Toe Frans se pa vir hom foto’s van sy bakkie (se wrak) wys, het hy nie eint­lik ge­re­a­geer nie. Frans kan niks van die on­ge­luk ont­hou nie.”

Hy was gis­ter baie moeg ná ’n fi­si­o­te­ra­pie­ses­sie.

Hugo se bakkie, wat ook ’n ge­skenk van ie­mand was, is on­her­stel­baar be­ska­dig. Dis nie ver­se­ker nie.

Die Hugo’s se bu­re sien na hul hon­de om ter­wyl sy vrou, Ma­de­lei­ne, by hom is. Hul kin­ders, Ja­co (14) en Mi­kay­la (10), is by fa­mi­lie­le­de in Wol­ma­rans­stad.

Foto: JEN­NY VAN VUUR­EN

Hugo Son­dag in die ho­ë­sorg­een­heid van die Wil­med Park­hos­pi­taal in K­lerks­dorp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.