P­re­to­ria hou pret­loop vol kleur

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

’n Ka­lei­do­skoop van kleur waar jy nu­we vrien­de maak, mu­siek kan ge­niet en boon­op fiks word – dít is die Co­lor Run-kon­sep.

’n Co­lor Run is eer­gis­ter by die Wa­ter­kloof-lug­mag­ba­sis in P­re­to­ria ge­hou.

Oor die 5 km lan­ge roe­te gaan stap­pers en hard­lo­pers deur so­nes waar ver­skil­len­de kleu­re poei­er oor hulle ge­gooi word.

Teen die tyd dat die kon­sert be­gin, is jou wit T-hemp ’n reënboog van kleu­re.

Vol­gens die or­ga­ni­seer­ders is die doel om fiks­heid en ge­sond­heid te be­vor­der, men­se by me­kaar te bring en nu­we vriend­skap­pe te smee.

T­re­vor La­ti­mer, na­si­o­na­le ko­ör­di­neer­der, sê deel­ne­mers het van­jaar ook die ge­leent­heid om deel te neem aan ’n kompetisie waar­van die prys deel­na­me aan ’n Co­lor Run in Parys, Frank­ryk, is.

Om vir die prys in aan­mer­king te kom, moet deel­ne­mers ’n kort vi­deo of fo­to­sto­rie deel waar­in hulle ver­tel wat dit be­te­ken om ’n su­per­held te wees.

Be­soek the­co­lor­run.co.za vir nog in­lig­ting.

Die doel van ’n Co­lor Run is om ge­sond­heid, fiks­heid en vriend­skap te be­vor­der.

Die pret­loop word met ’n kleur­vol­le mu­siek­kon­sert af­ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.