Ma sterf ter­wyl seun gy­se­laar in Ma­li is

Beeld - - Nuus -

Die ma van S­te­phen M­cGo­wn, ’n Suid-A­fri­ka­ner wat al lan­ger as vyf jaar deur die ter­reur­groep Al-Ka­ï­da in Ma­li as gy­se­laar aan­ge­hou word, is eer­gis­ter­aand dood.

Be­ver­ly M­cGo­wn was ja­re lank siek, maar het die laas­te paar maan­de baie ag­ter­uit­ge­gaan, sê dr. Im­ti­az Sool­i­man, stig­ter van die hulp­or­ga­ni­sa­sie Gift of the Gi­vers.

“Haar angs oor S­te­phen se lot en haar be­geer­te om hom weer te sien het ui­t­ein­de­lik hul tol geeis.”

M­cGo­wn en die S­weed Jo­han Gust­afs­son is in No­vem­ber 2011 as gy­se­laars ge­neem.

“Ons het die hart­seer in haar oë ge­sien en moes toe­kyk hoe sy haar pyn ge­dul­dig en met waar­dig­heid ver­duur ter­wyl sy op die te­rug­keer van haar seun ge­wag het.

“Ons kon haar nie help nie en my hart bloei vir haar,” het Sool­i­man ge­sê.

Gift of the Gi­vers het in Ju­lie 2015 ’n be­mid­de­laar aan­ge­stel om Ma­li toe te gaan.

Vol­gens Sool­i­man het die or­ga­ni­sa­sie al­les in sy ver­moë ge­doen om S­te­phen huis toe te bring, maar kon nog nie daar­in slaag nie.

“Ons hoop en bid vir ’n won­der­werk so­dat ons hom kan te­rug­kry.”

Die or­ga­ni­sa­sie het sy me­de­lye met die fa­mi­lie uit­ge­spreek en ge­sê Yo­lan­de Kor­kie het ook bood­skap­pe van on­der­steu­ning ge­stuur.

Kor­kie en haar man, Pier­re, is in Mei 2013 deur Al-Ka­ï­da-ter­ro­ris­te in Taiz, Je­men, ont­voer.

Sy is agt maan­de la­ter vry­ge­laat en het na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­keer ter­wyl Gift of the Gi­vers voort­ge­gaan het om haar man se vry­la­ting te pro­beer be­werk­stel­lig.

Pier­re en die A­me­ri­kaan­se fo­to­graaf Lu­ke So­mers is eg­ter op 6 De­sem­ber 2014 dood in ’n be­vry­dings­o­pe­ra­sie deur A­me­ri­kaan­se spe­si­a­le mag­te. Dr. Im­ti­az Sool­i­man (links) en Ye­hia Dicko (regs), die be­mid­de­laar wat deur Gift of the Gi­vers aan­ge­stel is, op 14 Mei 2016 by S­te­phen M­cGo­wn se vrou, Cat­her­i­ne, en ou­ers, Be­ver­ly en Mal­colm.

Foto’s: GIFT OF THE GI­VERS

S­te­phen M­cGo­wn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.