Ken­niso­lim­pi­a­de se ‘va­der’ sterf

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Die skep­per en mees­ter­brein van die Wê­reld­ken­niso­lim­pi­a­de, waar­aan 20 000 leer­lin­ge jaar­liks deel­neem, is Sa­ter­dag vroeg­og­gend ná ’n kort kan­ker­stryd dood.

Prof. Ni­co du P­les­sis (79) se vrou, Ve­ro­ni­ca, en hul kin­ders sê hoe­wel hy teen die ein­de baie siek was, het hy nie een keer ge­sê dat dit met hom sleg gaan nie.

Hy en Ve­ro­ni­ca het in De­sem­ber hul 50ste hu­we­liks­her­den­king ge­vier.

“Hy het ’n on­ge­loof­li­ke liefde vir ons kin­ders en klein­kin­ders ge­had,” sê Ve­ro­ni­ca.

Du P­les­sis het 20 jaar lank by G­rey-kol­le­ge in Bloem­fon­tein skool­ge­hou.

Daar­na het hy pro­fes­sor in di­dak­tiek ge­word.

Van­jaar was die 26ste jaar dat die Wê­reld­ken­niso­lim­pi­a­de aan­ge­bied is.

Ve­ro­ni­ca het hom, langs sy bed, met die laas­te paar o­lim­pi­a­de-ta­ke ge­help.

“Ons het dit ver­le­de week klaar­ge­maak,” sê sy.

Hy het ook drie boe­ke ge­skryf, waar­on­der Die groot vyf gods­diens­te – ook dié in A­fri­ka saam met dr. Ma­nie Wol­vaardt.

“Sy ge­loof was vir hom ge­wel­dig be­lang­rik en hy het dit al­tyd op prak­tie­se ma­nie­re uit­ge­leef,” sê Jor­rie Kruger, wat ge­troud is met Du P­les­sis se jong­ste dog­ter, Mar­cia.

“Hy kon met e­nig­ie­mand ge- sels en het nooit ge­oor­deel nie,” sê hy.

Om­dat hy so ’n in­vloed op sy leer­lin­ge en stu­den­te ge­had het, het men­se van oor die he­le land heen die Du P­les­sis-fa­mi­lie ge­bel om hul me­de­lye te deel.

Hy het al­tyd ge­sê: “El­ke pro­bleem het ’n op­los­sing,” en dít het hy tot op die ein­de uit­ge­leef, sê Kruger.

“En hy was na­tuur­lik baie lief vir rug­by – ver­al G­rey, S­him­las en die C­hee­tahs.”

Du P­les­sis laat sy vrou, Ve­ro­ni­ca, drie kin­ders, Joy­ce, Ni­co en Mar­cia, skoon­kin­ders, Pa­ris, Mar­lé en Jor­rie, en ne­ge klein­kin­ders, John, twee Ni­co’s, twee Ve­ro­ni­cas, Chris­ti­aan, Lau­ri­ka, Chris­ti­ne en Car­li agter.

’n Ge­denk­diens word Dins­dag 6 Ju­nie om 11:00 in die K­lip­kerk in Bloem­fon­tein ge­hou.

Wy­le prof. Ni­co du P­les­sis en sy vrou, Ve­ro­ni­ca. Du P­les­sis is Sa­ter­dag ná ’n kort kan­ker­stryd dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.