R20 m. se ko­ka­ïen en tik in mo­tor ge­vind

Beeld - - Nuus - Eu­ge­ne Gun­ning

D­welms van meer as R20 mil­joen wat van Jo­han­nes­burg glo op pad Kaap­stad toe was, is gis­ter­og­gend vroeg in die Ka­roo on­der­skep.

’n Ni­ge­rie­se man (49) en ’n Zim­bab­wie­se vrou (28) is in heg­te­nis ge­neem.

Kapt. Mal­colm Po­jie, po­li­sie­woord­voer­der, sê hulle sal van­dag in die land­dros­hof in Beau­fort-Wes ver­skyn.

Hy sê ver­skil­len­de af­de­lings van die po­li­sie het aan die dwelmo­pe­ra­sie saam­ge­werk.

Le­de van die Wes-Kaap­se pro­vin­si­a­le speur­tak, die nar­ko­ti­ka­bu­ro en die po­li­sie se hon­de-een­heid in die Sen­traal­Ka­roo was daar­by be­trok­ke.

Vol­gens Po­jie be­loop die waar­de van die d­welms – tik en ko­ka­ïen – waar­op die po­li­sie be­slag ge­lê het, R20,5 mil­joen.

Die twee is gis­ter om 06:00 aan­ge­keer.

Die po­li­sie het hul voer­tuig voor­ge­keer en met die deur­soek­slag op 52 kg tik en meer as 5 kg ko­ka­ïen af­ge­kom.

Die dwelm­mid­dels was in plas­tiek­sak­ke in die kat­te­bak van die voer­tuig ver­steek.

Hulle is daar en dan in heg­te­nis ge­neem en be­slag is ge­lê op die d­welms en die voer­tuig.

Die po­li­sie ver­moed die d­welms was be­stem vir ver­sprei­ding in die Kaap­se me­tro­pool.

Po­jie sê dit is een van die groot­ste be­slag­leg­gings van­jaar in die Suid-Kaap.

Die d­welms wat die po­li­sie gis­ter­og­gend in ’n mo­tor ge­vind het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.