Ma er­ken sy ver­gif­tig haar 2 kin­ders

Beeld - - Nuus - – And­rea K­ü­sel

’n Ma wat ver­dink word van die moord op haar twee kin­ders, het haar Sa­ter­dag­og­gend aan die po­li­sie oor­ge­gee.

Die vrou, van S­tink­wa­ter na­by Ham­mans­kraal in P­re­to­ria, het die kin­ders, ’n twee- en ’n se­we­ja­ri­ge, glo rot­te­gif in­ge­gee.

Die kin­ders is Son­dag 21 Mei deur hul pa dood op die bed ge­vind. Rot­te­gif is langs die bed ge­vind, sê konst. Her­man Mo­re­mi, ’n po­li­sie­woord­voer­der.

Mo­re­mi sê toe die vrou met die po­li­sie in ’n aan­hou­ding­sel ge­praat het, het sy glo er­ken dat sy die rot­te­gif ge­bruik het om haar kin­ders dood te maak.

Die ma het glo gif oor hul ont­byt ge­strooi en hulle het al die kos op­ge­ëet. Sy het toe glo ook van die gif ge­ëet.

Die vrou was glo ver­baas toe sy die gif oor­leef het en het twee dae lank in Be­la-Be­la gaan weg­kruip, sê Mo­re­mi.

Sy het glo aan die po­li­sie ge­sê sy het oor die ra­dio ge­hoor dat die kin­ders ge­vind is en dat sy die ver­dag­te is.

“Sy het Vry­dag­aand na haar broer in Eer­ste­rust ge­gaan. Hulle het vir haar ge­sê dat sy as ver­mis aan­ge­meld is en dat dit be­ter sal wees as sy haar aan die po­li­sie oor­gee.”

Die vrou se broer is Sa­ter­dag saam met haar na die po­li­sie­kan­toor in Tem­ba waar sy in heg­te­nis ge­neem is. Sy sal bin­ne­kort in die land­dros­hof in Mo­re­te­le ver­skyn op twee aan­klag­te van moord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.