Vrou ge­skiet met kruis­boog; in he­li hos­pi­taal toe

Beeld - - Nuus - – Ü­gen Vos

’n Vrou (37) van Nor­kem Park in Kemp­ton Park wat glo gis­ter­mid­dag met ’n pis­tool­kruis­boog in die bors ge­skiet is, is per he­li­kop­ter na ’n hos­pi­taal ge­neem.

Pa­ra­me­di­ci het die vrou op die vloer in haar bad­ka­mer aan­ge­tref, sê An­ni­ne Sid­dall, ER24woord­voer­der.

Sy was nog by haar be­wus­syn en kon met die pa­ra­me­di­ci praat. Die vrou se be­se­ring is vol­gens Sid­dall “ma­tig”.

“Die pa­si­ënt het op haar sy op die bad­ka­mer­vloer ge­lê,” het sy ge­sê.

Vol­gens Sid­dall het die vrou glo nie veel oor die voor­val ge­sê nie en is die pre­sie­se om­stan­dig­he­de on­be­kend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.