Ro­bot­kar­re laat wiel weer by UP

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) het Vry­dag sy vyf­de jaar­lik­se ro­bot-re­sies­dag aan­ge­bied.

Dié dag is ’n ge­leent­heid vir der­de­jaar­stu­den­te in die u­ni­ver­si­teit se de­par­te­ment van e­lek­trie­se, e­lek­tro­nie­se en re­ke­naar­in­ge­ni­eurs­we­se om dit wat hulle ná vyf se­mes­ters van in­ge­ni­eurs­we­sestu­die ge­leer het ten toon te stel.

Die re­sies­dag het in 2012 be­gin as die brein­kind van prof. Ta­nia Ha­ne­kom, wat in daar­die sta­di­um die do­sent vir die der­de­jaars­vak mi­kro­ver­wer­kers, of­te­wel EMK310, was.

Dié vak was vir die mees­te stu­den­te ’n nag­mer­rie om­dat dit baie veel­ei­sen­der was as sy e­we­knie in die twee­de jaar. Daar is ge­volg­lik be­sluit om die vrees vir die vak in af­wag­ting te om­skep, en só het die jaar­lik­se ro­bot-re­sies­dag ont­staan.

Vir die kompetisie ont­werp, bou en toets stu­den­te ’n ou­to­no­me ro­bot­mo­tor wat ly­ne op die grond volg, maar die vang­plek is dat die ren­baan we­mel van ge­kleur­de ly­ne wat me­kaar kruis.

Die stu­den­te moet dus ’n kar­re­tjie ont­werp wat ’n spe­si­fie­ke lyn kan volg.

Die eer­ste drie wed­ren­ne is in die in­ge­ni­eurs­we­se­ge­bou ge­hou, maar van 2016 af is dit in die am­fi­te­a­ter ge­hou om p­lek vir meer toe­skou­ers te hê.

Foto’s: DEAAN VIVIER

Der­de­jaar­stu­den­te aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria het Vry­dag aan die jaar­lik­se ro­bot­re­sies­dag deel­ge­neem.

Die wed­ren­ne is die eer­ste drie jaar in die in­ge­ni­eurs­we­se­ge­bou ge­hou, maar se­dert 2016 word dit in die am­fi­te­a­ter ge­hou om p­lek vir meer toe­skou­ers te hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.