Pa­si­ën­te weg­ge­wys oor te­kort

Pro­beer huis­ra­te, hoor sie­kes glo

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Weens ’n te­kort aan hoes­me­di­sy­ne in som­mi­ge staats­kli­nie­ke en -hospitale in Noord­wes raai per­so­neel­le­de men­se aan om eer­der huis­ra­te vir ver­koue te ge­bruik.

Dit is maar een van die talle pro­ble­me by staats­ge­sond­heids­in­stel­lings in die pro­vin­sie, lui ’n ver­slag van die O­pen­ba­re Diens­kom­mis­sie (ODK) wat ver­le­de week uit­ge­reik is.

Joe McGluwa, DA-lei­er in Noord­wes, sê ver­val­le ge­boue, ’n per­so­neel­te­kort en ’n te­kort aan me­di­sy­ne is maar van die uit­da­gings wat uit­ge­lig is.

“Hier is ’n deur­lo­pen­de te­kort aan nood­diens­te. Am­bu­lan­se is óf stuk­kend, óf het reeds die mak­si­mum toe­ge­la­te ki­lo­me­ter­af­stand af­ge­lê. Die mees­te me­die­se toe­rus­ting is in­ge­voer, wat be­te­ken dat as dit breek, kan dit weens be­gro­tings­be­per­kings nie her­stel word nie.”

Die ver­slag is saam­ge­stel na­dat die ODK in 2016 ver­ras­sings­be­soe­ke by ver­skeie staats­ge­sond­heids­in­stel­lings in die pro­vin­sie af­ge­lê het.

On­der meer ’n wa­ter­te­kort, ge­brek­ki­ge lug­ver­sor­ging en s­wak toi­let­ge­rie­we is aan­ge­tref.

McGluwa sê daar was geen ul­tra­vi­o­let ligte in die kli­nie­ke wat be­soek is nie.

Ul­tra­vi­o­let lig be­perk die be­smet­ting van men­se met bak­te­rieë.

In die pro­vin­si­a­le hos­pi­taal in Ma­hi­keng is daar wel so ’n lig, maar nie­mand kon be­ves­tig of dit werk nie, sê McGluwa.

In een van die hospitale het pa­si­ën­te net stamp­mie­lies en blaar­slaai of groen­bo­ne en brood ge­kry om te eet.

Hans S­chut­te, par­le­ments­lid van die VF Plus, sê die ver­slag dien as waar­sku­wing dat drin- gen­de op­tre­de no­dig is.

“Die ri­ool­ver­wer­kings­aan­leg na­by die Mo­ses Ko­ta­ne-hos­pi­taal (na­by Rus­ten­burg) funk­si­o­neer weens ge­brek­ki­ge in­stand­hou­ding nie. By som­mi­ge kli­nie­ke word put­toi­let­te ge­bruik.”

Die ODK be­veel aan dat die mo­ra­to­ri­um wat ge­plaas is op die vul van pos­te vir skaars vaar­dig­he­de op­ge­hef word, ba­sie­se artikels soos toi­let­pa­pier ver­skaf word en be­hoor­li­ke toi­let­te met ge­rie­we om han­de te was by kli­nie­ke ge­bou word.

Te­bo­go Lek­gethwa­ne, woord­voer­der van Noord­wes se de­par­te­ment van ge­sond­heid, sê aan­dag word ge­gee aan al dié uit­da­gings.

“Die LUR vir ge­sond­heid (dr. Ma­go­me Ma­si­ke) het in sy be­gro­tings­re­de uit­een­ge­sit wat ge­doen word om dit te pak.

“Hy het on­der meer ver­wys na in­stel­lings waar op­knap­pings­werk ge­doen word, soos die in­stand­hou­ding van toe­rus­ting en lug­ver­sor­ging. 40 nu­we am­bu­lan­se sal ge­koop word.”

Lek­gethwa­ne sê die pro­vin­sie se me­di­sy­ne­voor­raad is nie uit­ge­put nie. “Die be­skik­baar­heid van me­di­sy­ne in die pro­vin­sie is 92% be­hal­we in ge­val­le waar se­ke­re me­di­sy­ne na­si­o­naal ver­skaf word en land­wyd nie be­skik­baar is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.