Vrou met glad­de vin­gers suk­kel om ID­boek te kry

Beeld - - Nuus - – S­han­tel Mo­ses

’n Vrou se maan­de lan­ge ge­suk­kel om ’n nu­we ID-boe­kie te kry om­dat sy glad­de vin­ger­pun­te, son­der die ge­wo­ne groe­fies, het, sal eersdaags ver­by wees, be­lo­we T­ha­bo Mok­go­la, na­si­o­na­le woord­voer­der van die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke.

San­dra Hor­ne (38) van Athlo­ne, Kaap­stad, het weens ’n seld­sa­me vel­siek­te glad­de vin­ger­pun­te en kan nie die ge­wo­ne i­den­ti­fi­seer­ba­re vin­ger­af­druk­ke ver­skaf nie.

Die oor­erf­li­ke siek­te, e­pi­der­mo­li­se, ver­oor­saak dat bla­sies op die vel vorm as ’n mens hard aan die vel vat of teen iets stamp. Sy het ook nie ha­re op haar kop nie.

Hor­ne het ’n nu­we ID-boe­kie no­dig om vir ma­triek in te skryf. Die ver­tra­ging met die uit­rei­king van die do­ku­men­te hou glo daar­mee ver­band dat sy nie ge­wo­ne vin­ger­af­druk­ke kan maak nie.

Mok­go­la sê hy het die kwes­sie on­der die aan­dag van die Wes-Kaap­se be­stuur­der van bin­ne­land­se sa­ke ge­bring.

“Daar word nou na die kwes­sie ge­kyk. Sy sal bin­ne­kort ge­hol­pe wees.”

Foto: DAI­LY VOI­CE

Die af­we­sig­heid van vin­ger­af­druk­ke maak dit vir ’n Kaap­se vrou moei­lik om ’n i­den­ti­teits­boe­kie te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.