Klag­te van die week

Beeld - - Tot U Diens -

Ko­bus Craig het die wind van voor ge­kry toe hy sy lid­maat­skap van pro­beer be­ëin­dig het.

“Ek is nou 74 jaar oud en kan nie meer die jaar­lik­se geld vir Funs­ee­kers be­kos­tig nie. Ek is ’n pen­si­oen­trek­ker en ek het ook on­langs ’n groot rug­o­pe­ra­sie on­der­gaan. In hier­die om­stan­dig­he­de het ek Funs­ee­kers ge­vra om my lid­maat­skap te be­ëin­dig. My ver­soek is in No­vem­ber ver­le­de jaar aan Funs­ee­kers ge­rig. Ek het aan hulle ge­sê ek is nie van plan om my oor­bly­wen­de va­kan­sie­pun­te te ge­bruik nie.” Craig is ge­vra om ’n kan­sel­la­sie­ta­rief te be­taal. “Die kan­sel­la­sie­geld wat hulle wou hê, was R2 500. Voorts het hulle my ge­vra om ’n plan te pro­beer maak om die 2016 le­de­geld van ver oor die R5 000 te pro­beer be­taal.”

Craig moes van­jaar vir nog ’n rug­o­pe­ra­sie gaan.

“Die twee­de rug­o­pe­ra­sie het ver­de­re fi­nan­si­ë­le druk op my ge­plaas. Funs­ee­kers sou my kan­sel­la­sie­ver­soek aan hul be­stuur voor­lê en my van hul be­sluit laat weet. In Ja­nu­a­rie van­jaar het ek ’n SMS van Funs­ee­kers ge­kry. Dit het my her­in­ner om my lid­maat­skaps­geld vir 2017 te be­taal. Dit was vir my vreemd, aan­ge­sien ek al die uit­staan­de gel­de voor die ein­de van 2016 be­taal het en ook my ver­soek vir kan­sel­la­sie aan Funs­ee­kers ge­rig het.”

Craig het be­sluit om Funs­ee­kers te ska­kel om agter die kap van die byl te kom.

“Ek het met ene A­drie ge­praat, en vol­gens haar het Funs­ee­kers nooit my kan­sel­la­sie­ver­soek ont­vang nie. Sy het ook ge­sê daar is ’n voor­ge­skre­we kan­sel­la­sie­pro­ses wat ge­volg moet word. Dit was al­les goed en wel, maar A­drie het my ge­skok toe sy sê ek moet nou nog meer as R8 000 op­dok voor die kan­sel­la­sie af­ge­han­del kan word. Ek kan dit bloot nie be­kos­tig nie.”

Tot u Diens het Funs­ee­kers ge­vra of hulle Craig kan help. Hulle sê Craig het in 2007 ’n le­wens­lan­ge kon­trak met hulle aan­ge­gaan en hulle is vol­gens die wet op ’n kan­sel­la­sie­ta­rief ge­reg­tig.

Hier­die geld is nie voor die ein­de van 2016 aan hulle be­taal nie. Om hier­die re­de sou Craig vir van­jaar ’n kan­sel­la­sie­boe­te moes be­taal, maar Funs­ee­kers het hom van hier­die kos­te kwyt­ge­skel en sy lid­maat­skap is nou be­ëin­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.