Laat Nr. 1 en die trog­vre­ters gly

Beeld - - Kommentaar - Maar­man is ad­junk­re­dak­teur van Die Bur­ger, ’n sus­ter­koe­rant van Beeld.

Een van die sny­dend­ste ont­le­dings wat ge­maak kan word, is dat B­ri­an Mo­le­fe die ge­so­fis­ti­keer­de weer­ga­we is van Hlau­di Mot­soe­neng en dat Lyn­ne Bro­wn ’n ho­ë­de­fi­ni­sie­weer­ga­we van Faith Mut­ham­bi is. Die een lieg net soos die ander. Hlau­di, die eens hoof­nar van die SAUK, het hard pro­beer om die he­den­daag­se pro­pa­gan­da-ho­ë­pries­ter te wees on­der Ja­cob Zu­ma.

Nou dat dit aan die lig ge­kom het dat Nom­mer Een vry­wa­ring ge­soek het by die sjeiks van die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te (VAE) en Du­bai sy twee­de tuis­te wil maak, hoop ’n mens dat daar vir Hlau­di ook p­lek op die Gup­ta-stra­ler is. Met ’n man wat geen na­skool­se kwa­li­fi­ka­sies het nie, kan Hlau­di aan­ge­stel word om saans die Gup­tas en Zu­ma se skou­ers te mas­seer, want hy was goed om die waarheid te mas­seer.

Die VAE het na­tuur­lik nie ’n uit­le­we­rings­oor­een­koms met Suid-A­fri­ka nie en as Nom­mer Een en sy trog­vre­ters nou voe­te in die wind slaan, is die kanse nul dat hier­die man sy dag in die hof kan kry.

Dis pre­sies wat Idi A­min ge­doen het. A­min het ook na die Mid­de-Oos­te ge­vlug toe die wê­reld vir hom warm ge­word het. S­naaks hoe dik­ta­tors me­kaar na­doen.

’n Mens is ie­der ge­val al so Zu­ma­voos dat ’n mens am­per vir die sjeiks wil sê, gee die man net po­li­tie­ke a­siel en laat die man Du­bai toe ver­kas en sy piña co­la­das on­der ’n boom op ’n na­ge­maak­te strand drink. Gee Zu­ma wat hy vra en siem sal­la biem laat hy net ver­dwyn uit Suid-A­fri­ka. As­se­blief.

Want geen de­mo­kra­tie­se land kan so ge­stroop word deur een man en die Gup­tas nie.

Zu­ma het ons land spreek­woor­de­lik vir die 30 sil­wer­stuk­ke ver­koop.

S­naaks hoe Zu­ma die Grond­wet kan skend en sy amps­eed ver­breek, maar na die py­pe van die Gup­tas kan dans.

Daar was eint­lik geen staat­skaping nie: Suid-A­fri­ka is deur Zu­ma op ’n sil­wer skink­bord aan die Gup­tas weg­ge­gee. Die ANC is by die vurk in die kruis­pad. Hulle het net eint­lik twee keu­ses. Óf hulle kies Zu­ma, óf hulle kies Suid-A­fri­ka. Kies hulle Zu­ma, sal die ge­skie­de­nis hulle be­oor­deel as lam­sak­kig en laf­har­tig.

Dit maak ook nie eint­lik meer saak wat die ANC doen nie. Hulle gaan nooit werk­lik her­stel van die stink reuk wat om die ANC se kop­pe dar­tel nie. Te lank het hulle Zu­ma en die staat­ska­pers be­skerm. Wan­neer hier­die Zu­ma/Gup­ta-kaar­te­huis in­een gaan tui­mel, durf ons nooit ver­geet wie die ver­de­di­gers van hier­die lot­jie was nie.

Maar te­rug na die pa­te­tie­se Mo­le­fe en Bro­wn. Mo­le­fe is niks be­ter as Hlau­di wan­neer dit by ver­sin­sels kom nie. Eers het hy be­dank as uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom. Toe word ge­sê hy is weg met ’n goue hand­druk van R30 mil­joen. Toe is dit weer ver­vroeg­de af­tre­de en die laas­te was dat hy met on­be­taal­de ver­lof was. Gaan vlieg ’n vlie­ër. S­nert. Nie­mand glo julle meer nie.

Hier­die oor-en-weer-lieg­te­ry van die nu­we e­li­te soos Mo­le­fe en Bro­wn is en­de­mies van die Zu­ma-ad­mi­nis­tra­sie.

Die min­ag­ting wat hulle vir die de­mo­kra­sie toon, is skrik­wek­kend.

Bro­wn wil nou haar han­de in on­skuld was, maar sy is aan­da­dig aan hier­die deur­me­kaar­spul. Vir wie wil Bro­wn nou bluf om ’n on­der­soek in te stel na staat­skaping by E­s­kom?

Ons weet mos in wie se diens Mo­le­fe ge­staan het. Ons weet mos ook wie mi­nis­ters aan­stel en af­dank. En dit is nie Zu­ma nie. Dis die Gup­tas wat hier­die land re­geer. Hulle is die reg­te ba­se van Mo­le­fe, Bro­wn en Zu­ma.

Lyn­ne Bro­wn, jy en jou gab­bas moet weet Suid-A­fri­ka het nie meer tyd vir grap­pies en spe­le­tjies nie. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.