Dís hoe dit nou eint­lik werk in rug­by, Sus­sie

Beeld - - Kommentaar -

Nog net drie nag­te van koud kry, dan kan ek ge­na­dig­lik saans my long johns en slaap­mus­sie be­gin in­span. Ek moet er­ken ons het da­rem nog nie hier­die herfs koud ge­kry nie.

Lyk my met die aard­ver­war­rings­ding is dit dees­dae so­mer in die herfs, herfs in die win­ter, so­mer in die len­te en bloe­dig vrek­so­mer in die so­mer.

Sies­tog, en in die skoon­ste Kaap (hier­na ge­noem die vuil­ste Kaap) knor dit maar so son­der wa­ter, so erg dat die ou­ens daar by die ak­tie­we maag­de-gim­na­si­um me­kaar al te lyf wil gaan oor man­ne wat te lank daar on­der die stort­kop staan en week.

Ja, na­tuur­lik is daar ou­ens wat te lank stort, maar ont­hou net, lang man­ne het meer om skoon te kry as kort man­ne.

En vra maar vir Nom­mer Een oor die he­len­de krag van ’n stort.

Dis na­tuur­lik ’n heel ander sto­rie of e­ni­ge stort sy hui­di­ge pro­ble­me weg­ge­spoel sal kry.

Ja-nee, my Kroon, lyk vir ons die tyd kom na­der dat u maar by N­skan­da­lig sal moet gaan lyf nat­maak in die brand­poel.

Dik Daan sê hy moes om­trent bont­staan toe co­ach Toe­tie Kort­see op TV sy uit­ver­ko­re­nes vir die Bok-trui aan­kon­dig.

Hy het eint­lik ge­voel dat sy klein­dog­ter nie bloot­ge­stel be­hoort te word aan sul­ke ris­kan­te kyk­stof nie, maar sy moei­lik­heid het be­gin toe die klein­ding hom te­reg­wys oor sy taal­ge­bruik en vra dat hy vir haar moet ver­dui­de­lik hoe rug­by nou eint­lik werk.

“Ek gaan haal toe ’n rug­by­hand­lei­din­kie wat ek al ja­re bê­re en ver­dui­de­lik: ‘My kind, in el­ke span is daar agt spelers met ’n ge­mid­del­de IK be­kend as voor­spe­lers wat druk, storm, stoei, in­bars, ba­klei en soms ’n ent­jie vo­ren­toe be­weeg met die bal.

“Soms be­weeg hulle in ’n groep en steek die bal weg, wat om­trent die slim­ste ding is wat ’n voor­spe­ler doen.

“Die se­we spelers agter wat ag­ter­spe­lers ge­noem word, kry by ge­leent­heid die bal van die voor­spe­lers en hard­loop dan sy­waarts ter­wyl hulle die bal ag­ter­toe gooi tot­dat een oor sy eie voe­te val, die bal ver­loor en die ander span dan weer kans kry om sy­waarts daar­mee te be­weeg.

“Die heel­ag­ter is die ou wat pad­gee uit die a­rea waar ’n hoë skop land, die vleu­el is die eer­ste ou wat ’n s­pier rek, die sen­ter die ou wat reg in sy op­po­nent vas­hard­loop en dan in­me­kaar­sak, die los­ska­kel die een wat die bal vir die ander span skop so­dat hulle ook speel­kans kan kry, en die skrum­ska­kel die klein ou­tjie wat heel­tyd vir die skeids­reg­ter die re­ëls moet ver­dui­de­lik.

“Dan die voor­ry, wat hulle in hul po­si­sie moet in­eet, die ha­ker die ou wat aan die voor­rye hang, die slot­te die ou­ens met blom­kool­o­re wat lank moet lyk en los­voor­spe­lers die ou­ens wat so self­sug­tig is dat hulle heel­tyd die bal wil hê. En die skeids­reg­ter die oom wat ná die wed­stryd wit­wyn met ys drink. Ver­staan jy nou, Sus­sie?’ ”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.