Mai­ma­ne laat my twy­fel

B­rie­we

Beeld - - Kommentaar - Lo­ja­le Ver­set, P­re­to­ria

B­rie­we moet ver­ge­sel wees van die skry­wer se naam, a­dres en te­le­foon­nom­mer. Beeld be­hou die reg voor om b­rie­we te ver­kort en te re­di­geer. M­mu­si Mai­ma­ne se oor­deel en op­tre­de in twee on­lang­se ge­val­le laat my erns­tig twy­fel oor sy oor­deels­ver­moë.

Eers het sy op­por­tu­nis­tie­se en oor­dre­we re­ak­sie op He­len Zil­le se op­mer­kings oor ko­lo­ni­a­lis­me in die ANC se kaarte ge­speel en nou stel hy hom­self aan as die rid­der op die wit perd en meng in ’n ander land se in­ter­ne po­li­tiek in.

Om as lei­er van die op­po­si­sie in Suid-A­fri­ka in te meng in Zam­bië se par­ty­po­li­tiek is nie wys nie. Om on­danks waar­sku­wings van die Zam­bie­se hoë kom­mis­sa­ris in P­re­to­ria steeds te gaan in­meng in ’n ander land met ’n wet­tig ver­ko­se re­ge­ring is ar­ro­gant en po­li­ties dom.

As lei­er van die DA sou ’n mens graag be­ter oor­deel wou kon ver­wag.

Is Mai­ma­ne ’n one-man show of keur die DA se gro­ter lei­ers­korps sy op­tre­de goed? Dit is be­lang­rik dat die DA-on­der­steu­ners ’n ant­woord hier­op kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.