Sil­wer beeld­jie was be­skerm­en­gel

Beeld - - Kommentaar - Hans Kir­sten, Brum­me­ria

Ek was ’n paar we­ke met va­kan­sie in die bos en het my daag­lik­se Beeld mis­ge­loop, as­ook ’n ar­ti­kel in ’n Mo­tor-Beeld.

My broer het ’n foto van die ar­ti­kel ge­neem en aan­ge­stuur.

Die te­ma was mo­tor­ken­te­kens, of soos ons as dit kin­ders ge­noem het, die mo­tor­wa­pen.

Toe ek klein was, het my pa ons een­dag ver­ras met ’n splin­ter­nu­we 1955 Nash S­ta­tes­man Su­per. So ’n groot groen-en-wit mo­tor.

Voor op die en­jin­kap was die mooi­ste sil­wer beeld­jie van ’n vrou wat lyk as­of sy deur die lug sweef.

In my kin­der­li­ke een­voud het ek ge­glo sy is die Nash se be­skerm­en­gel wat ons vei­lig op die pad hou!

Daar­die Nash se mo­tor­wa­pen was ’n kuns­werk wat selfs die fan­ta­sie­wê­reld van ’n kind wak­ker kon maak.

Ek is jam­mer ek het die ar­ti­kel mis­ge­loop. Dit het mooi her­in­ne­rin­ge van toen­ter­tyd weer wak­ker ge­maak!

Ek is te­rug en gaan haal weer sog­gens my Beeld uit die pos­bus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.