Klok­hel­der stil­te uit ’n be­dre­we hand

Pie­ter Fou­rie het met hier­die dig­ter­li­ke oes iets pres­teer: min woor­de, maar baie im­pli­ka­sie én na­dink, skryf Jo­an Ham­bid­ge.

Beeld - - Boeke -

Po­ë­sie oor­log en sy ken­nis van die Ja­pan­ne­se dig­vorms (soos die hai­koe), word ’n wrang-i­ro­nie­se kom­men­taar op die oor­log.

Fou­rie skryf boe­re-hai­koes. Punt­dig­te. On­vol­tooi­de ver­se wat wag vir in­vul en klaar­skryf. Die ge­dig as blokkiesraaisel vir die le­ser.

Van Wyk Louw se “K­lip­werk”reeks is volks­lied­jies en gui­tig­he­de wat hy aan­ge­pas en ver­dig­ter­lik het. Fou­rie se ge­dig “Voor­bo­de” het die­self­de in­ge­bou­de pre­mo­ni­sie as Pound se vers: voor­bo­de ’n ou­volk sit op dop­hou­klip skie­lik gil tink­tin­kie skril in huis­nok skuil die non­ne­tjie-uil dan kou die lam aan dood­s­not van witap­pel­tjie Witap­pel­tjie as die gif­ti­ge ka­roo­bos­sie wat die ge­vrees­de gou­siek­te by ska­pe ver­oor­saak, word hier met die ou­volk, ’n pri­mor­di­a­le dier, ver­bind. Die uil is e­wen­eens ’n sim­bool van die dood wat die le­ser moet vol­tooi en neem na Jeanne Goo­sen se ’n Uil vlieg weg (1971).

Maar dis nie al­les net dood en el­len­de nie. Daar is ook hu­mor – soos by Van Wyk Louw – met ver­wy­sings na i­di­o­me soos “die swart var­kie skrou”, of­te­wel die drang na drank, of ’n “lek­my”, wat ’n oor­vol bot­tel wyn be­te­ken. Of “ou snuif” vir die vrou­li­ke jy-weet-wat.

By Van Wyk Louw is die skun­ni­ge e­wen­eens aan­we­sig. Kyk hoe laai Fou­rie ’n vark­blom met sek­su­e­le in­nu­en­do. Die reeks “los kra­le­tjies” is ’n hoog­te­punt in hier­die bun­del met sy speel­se aan­slag: 2 tie­ter­mantol­lie ton­tel­do­sie in knip­pie­vlam kring ons kro­sie En hoe prag­tig om te ver­neem van die “bok­wag­ter” se ka­vi­aar in die diep Tank­wa.

Die ver­skil­len­de af­de­lings snoer die ge­dig­te saam: kie­kie, knel­ter, ou­meid­soen, veer­volk, gol­jaar­tjie, duw­wel­tjie, stil­te. (“Gol­jaar­tjie” be­te­ken vro­lik­heid!)

Die “kar­tet­sies son” in hier­die ge­dig­te dra jy saam met jou met groot ple­sier. Die ge­dig­te is dik­wels klein dra­mas met ’n poel­pe­taan­jol (dit ver­wys na die ta­ren­taal).

Die ge­dig “voor­land” is weer ’n be­sin­ning oor ver­skil­len­de land­skap­pe en die we­te dat ons ui­t­ein­de­lik be­weeg van ver­neuk­pan na bui­te­pos tot by bok­veld.

Be­ken­de ak­teurs word aan­ge­spreek en die dig­ter-li­te­ra­tor Merwe S­choltz, wat op sy dag be­sin­nen­de es­says oor Van Wyk Louw ge­skryf het. “Ge­bed”, ’n pyn­li­ke lyk­dig, word aan Chris Louw op­ge­dra.

’n Man wat só kan dig, ver­dien al die ak­ko­la­des. Om so ’n “geur­tjie in ge­beur­tjie” om te sit, vereis ’n vas­te hand én oor.

Pie­ter Fou­rie het met hier­die dig­ter­li­ke oes iets pres­teer: min woor­de maar baie im­pli­ka­sie én na­dink. Die dig­kuns as klok­hel­der stil­te.

Die uit­ge­wer Naledi het hier ’n be­lang­ri­ke bun­del ge­pu­bli­seer en hier­mee ou woor­de aan die ver­ge­tel­heid ont­ruk. ) Jo­an Ham­bid­ge is ’n pro­fes­sor in A­fri­kaans en kre­a­tie­we skryf­werk aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad.

Die ‘kar­tet­sies son’ in hier­die ge­dig­te dra jy saam met jou met groot ple­sier.

Foto: LEÁNNE STANDER

Pie­ter Fou­rie ty­dens ’n vroe­ë­re on­der­houd by die Woord­fees op S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.