Om boe­lies teen die bors te stuit

Beeld - - Boeke -

Jeug­fik­sie (14­16)

V­ler­ke vir al­mal Ma­ri­on Ers­ki­ne HUMAN & ROUSSEAU, R155

Ma­ri­on Ers­ki­ne se jeug­ver­haal Oos (2007) was ’n tref­fer; dit­to Do­no­tel­lo en Volk­sie, ’n hu­mo­ris­tie­se lief­des­ver­haal wat in 2010 ver­skyn het.

Nou looi Ers­ki­ne jong vol­was­se­nes wéér met ’n ro­man wat spesiaal vir hulle ge­skryf is.

Die hoof­te­ma is bul­le­bak­ke­ry. En as jy dalk sou dink: Net nie nóg ’n boek oor skool­boe­lies wat op hulle p­lek ge­sit moet word nie – bou ’n brug en kom daar­oor! Hier­die een is an­ders.

Die ka­rak­ters is ge­loof­waar­dig; jy hóú (meest­al) van hulle en het deer­nis met hulle. Maar dié ge­loof­waar­dig­heid het nie som­mer­so ge­kom nie. In ’n on­der­houd op Net­werk24 sê Ers­ki­ne:

“Ek het tot am­per by die laas­te hoof­stuk ge­vor­der en toe suk­kel ek om ver­der te skryf.

“Ek het be­sef ek kan nie vir tie­ners raad gee as ek nie self my eie ver­le­de kon­fron­teer nie. Dit sou van my ’n hui­ge­laar maak. Jy be­weeg aan, die won­de gaan toe, maar ek moes daar­mee deal. Ek het op Fa­ce­book al my boe­lies op­ge­spoor.”

Hy het vir elk­een van die men­se ge­skryf en ver­tel wat des­tyds in sy le­we aan­ge­gaan het ter­wyl hy ge­boe­lie en ge­skop is. “My pa het toe aan kan­ker ge­ly. Weet jy hier­die din­ge het met my fa­mi­lie ge­beur?”

En een vir een het hier­die men­se te­rug­ge­skryf en elk­een het ge­sê hulle is jam­mer.

Toe eers kon hy die boek klaar skryf.

Die sto­rie: De­wald, 17 en die hoof­ka­rak­ter, het is­su­es – daar was ’n trau­ma­tie­se voor­val wat hom as tie­ner laat be­gin hak­kel het.

Hy het ’n ver­fris­send goeie ver­hou­ding met sy ou­ers, al gee hulle hom soms hoof­bre­kens: As jou pa jou op jou ver­jaars­dag­og­gend met ’n vu­vu­ze­la uit die ve­re jaag en jou ma steeds nie glo jy is te oud vir ’n S­pi­der­man-koek nie, het jy pro­ble­me, maar dis niks wat De­wald nie kan han­teer nie.

De­wald is nie ’n rug­by­kap­tein nie, maar ’n wimp is hy ook nie. Hy is som­mer net ’n “goeie ou” wat jy as deel van jou vrien­de­kring wil hê: lo­jaal, ge­mak­lik. En hy kan soen!

By die “nu­we” skool waar­heen De­wald gaan, maak hy in­der­daad gou vrien­de: Bees­bal, die mooie Kar­lien en die min­sa­me No­mas­wa­zi.

Dan is daar Al­di, ’n A­ma­so­ne wat die skool­ter­rein met ’n ys­ter­hand re­geer en vir wie De­wald nie te­rug­staan nie.

Maar hy be­sef om bloot te wys jy is nie bang om met die grond ge­lyk ge­maak te word nie, gaan nie ’n boe­lie op haar p­lek sit nie.

De­wald en sy pel­le sit kop­pe by­me­kaar. Hulle maak ’n plan – en dit word iets gróóts . . .

V­ler­ke vir al­mal het sy pre­ke­ri­ge oom­blik­ke, maar dit voel nooit as­of iets in jou keel af­ge­druk word nie.

En leer­lin­ge sal jou sê die groot­ste pro­bleem by die mees­te sko­le is bul­le­bak­ke­ry, nie sar­kas­tie­se on­der­wy­sers of ’n te­kort aan wis­kun­de­hand­boe­ke nie.

V­ler­ke vir al­mal is juis op­ge­dra aan A­man­da Todd, ’n A­me­ri­kaan­se tie­ner wat op YouTu­be ver­dui­de­lik het dat dit bul­le­bak­ke is wat haar laat be­sluit sy wil self­moord pleeg (sy het).

Dis nie ’n mor­bie­de ro­man hier­die nie, maar die deur­lo­pen­de kwes­sie is dood­erns­tig: Self­moord on­der kin­ders en tie­ners neem toe en bul­le­bak­ke­ry is ’n groot oor­saak.

Moenie wag tot jy weer deur ’n boek­win­kel dwaal en ’n ek­sem­plaar van V­ler­ke vir al­mal ê­rens op ’n rak sien staan nie: Dis die soort boek hier­die waar­voor jy jou spaar­var­kie moet breek so­dat jy nóú kan win­kel toe hard­loop om een aan te skaf. ) J.B. Roux is ’n vry­skut­re­sen­sent van Rie­beek-Wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.