Boe­ke

Boek laat die bloed stol

Beeld - - Boeke -

Fik­sie (do­mes­tic noir) Hoe­wel vrou­e­skry­wers soos C­ha­net­te Paul, Sal­ly Andrew, Chris­tel­le van Rooyen-Wes­sels en Na­o­mi Mey­er al­mal on­langs span­nings­ro­mans ge­skryf het wat on­der die vaan­del van do­mes­tic noir ge­klas­si­fi­seer kan word, is El­sa Ha­mers­ma se kri­mi-de­buut waar­skyn­lik die eer­ste wat werk­lik met oor­se­se teks­te in die gen­re ver­ge­lyk kan word.

’n Paar set­fou­te en ’n oor­da­dig wre­de aan­slag in die laas­te paar hoof­stuk­ke doen ef­fe af­breuk aan die oor­we­gend po­si­tie­we ge­heel. Daar is eg­ter kort, pak­ken­de hoof­stuk­ke; na­tuur­li­ke, oor­tui­gen­de taal­ge­bruik en di­a­loog; en ’n pas wat ver­snel en lang­sa­mer word, af­han­gend van spe­si­fie­ke han­de­lin­ge. Ha­mers­ma se er­va­ring as skry­wer van talle lief­des­ro­mans blyk uit die ge­mak waar­mee sy in haar ka­rak­ters se kop­pe klim.

Ha­mers­ma verf met fyn ha­le die ver­brok­ke­ling van ver­troue en kon­flik tus­sen twee vroue, Chris­ti­ne en Ze­bith, saam werk­saam by ’n la­er­skool, en die mans in hul le­we. Chris­ti­ne se man, F­rik­kie, is do­mi­ne­rend, sma­lend, sek­sis­ties en ras­sis­ties, ter­wyl Ze­bith se kê­rel, Coert, plan­ne het om na Nieu-See­land te e­mi­greer, ver­al om van die mis­daad in Suid-A­fri­ka te ont­snap. Een deel van die ro­man be­lig hier­die twee ver­hou­dings met ’n nu­an­se en mens­lik­heid wat groot in­druk maak. Dit is ver­der in­druk­wek­kend hoe die skry­wer ver­skil­len­de as­pek­te van die vroue se per­soon­lik­heid na vo­re laat kom deur te wys eer­der as om te ver­tel.

Son­der on­no­di­ge truuks bou die ro­man mo­men­tum deur Chris­ti­ne en Ze­bith – wat ge­noeg van me­kaar ver­skil om hulle in­te­res­sant en sim­pa­tiek te hou – elk­een aan ’n man bloot te stel wat hul le­we on­her­roep­lik sal ver­an­der. Hoe min­der die voor­ne­men­de le­ser van hier­die twee diep ge­fol­ter­de dog sjar­man­te mans weet, hoe be­ter. Elk­een het ook na­tuur­lik hul eie don­ker ge­hei­me en duis­te­re mo­tie­we.

Dit is ver­al die le­ser se in­ten­se be­trok­ken­heid by die twee vroue se in­ner­li­ke kon­flik, hul be­geer­tes om ro­man­se en vei­lig­heid te vind te mid­de van die nood­lot­ti­ge sa­me­loop van om­stan­dig­he­de, wat die ro­man suk­ses­vol maak. Jy gee werk­lik om vir die ka­rak­ters; hulle is meer sim­pa­tiek en mens­lik as on­be­trou­baar. Ze­bith en Chris­ti­ne be­lig­gaam die skry­wer se pro­tes teen die mis­bruik van en ge­weld teen vroue. ’n Goeie sto­rie is eg­ter hier net so op­val­lend soos e­ni­ge bood­skap.

Daar is werk­lik skok­ken­de ge­beu­re. Vol­ge­houe, or­ga­nie­se span­ning. C­li­chés wat aan­ge­wend en dan op hul kop ge­draai word. Be­geer­te, geld, ver­gel­ding, ge­weld, siel­kun­di­ge let­sels en mags­ver­hou­dings word ui­t­ein­de­lik in­een­ge­stren­gel tot ’n slot wat tot op die heel laas­te blad­sy die le­ser se bloed laat stol. ) Jonathan Amid is ’n vry­skut­taal­prak­ti­syn en dok­to­ra­le stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.